Die eerste Grieks-Afrikaanse Bybel

--:--
Met Hermie van Zyl, Herman du Toit en Sua du Plessis
Al ooit gewonder hoe Bybelvertalings werklik gedoen word? Met die Interliniêre Bybel sien jy vir die eerste keer hoe die Grieks stap vir stap Afrikaans geword het.
5 Mar 2013 9AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

So amper waar

Aangebied deur Umuzi. François Loots gesels oor sy nuwe roman Rooi Jan Alleman, waarin hy die lewe van die Afrikaner-kommunis Bram Fischer onder die loep neem. ’n Fassinerende blik op ’n omstrede historiese figuur.
4 Mar 2013 1AM 49 min

My pad met engele

Kom luister saam na Belinda Bras-Nel se verhale oor ervarings met hemelwesens. Sy bespreek haar nuwe boek My pad met engele en vertel hoe haar engele haar tot bemagtiging gelei het. Wil jy hoor hoe om ʼn engelboodskap te ontvang?
5 Mar 2013 6AM 46 min

Net soos jy is

Baie vroue voel soms dat hulle net nie goed genoeg is nie, maak nie saak hóé hard hulle probeer nie. Milanie Vosloo wys jou hoe om dié leuen vir goed nek om te draai. Kom ervaar hoe hemels dit kan wees om aanvaar te word – net soos jy is!
5 Mar 2013 7AM 43 min

Treurgrond

Na heftige openbare reaksie op Treurgrond – 20 jaar van plaasaanvalle is besluit om dié boek by te werk. Met treffende kunswerke van Pauline Gutter, gedigte en nuwe navorsing oor die hel van plaasaanvalle, word Treurgrond ʼn boekmonument ter ere van die slagoffers. Die bekende Dirk Hermann is aan die…
6 Mar 2013 10AM 47 min

Superster van die Sjoa

Anne Frank, wie se dagboek in meer as 60 tale vertaal is, het ’n kultusfiguur geword. In dié lesing ondersoek Lina Spies die pynlike diskrepansie tussen Anne as eensame dagboekskrywer en gebroke slagoffer van die Sjoa (Hebreeus vir ‘vernietiging’), teenoor haar beeld as verheerlikte postume superster.
6 Mar 2013 7AM 45 min