OAKBAY BELEGGINGS GAAN GLO DENOTEER BY JSE

Die firma Oakbay Beleggings gaan glo by die JSE denoteer. Die maatskappy wat aan die Gupta-familie behoort, het handel in sy aandele opgeskort. Die maatskappy sê dit is net tydelik tot hulle weer 'n borg kan kry, iets wat 'n sleutelvereiste is om op die JSE te noteer.