SUNA VENTER GEDENKLESING: HUMAN. HUMANE. HUMANITY.

--:--
Met: Imtiaz Sooliman.
Die joernalis Suna Venter, wat in 2017
op 32-jarige ouderdom aan ‘gebroke
hart’-sindroom (streskardiomiopatie)
oorlede is, was een van ’n nuwe geslag
kampvegters vir mediavryheid. As een
van die sogenoemde SABC 8 het sy
stelling ingeneem teen pogings om die
redaksionele onafhanklikheid van die
SABC se nuusprogramme in te perk. Sy
en die ander sewe joernaliste het saam
die Nat Nakasa-prys vir mediavryheid
ontvang. Maar Suna moes die hoogste
prys betaal ná ’n uitgerekte proses van
volgehoue intimidasie en teistering. Kom
luister na Imtiaz Sooliman, stigter van die
organisasie Gift of the Givers, se gedagtes
oor menswees en medemenslikheid.
Hy het Suna goed geken en sy het
hom dikwels vergesel na oorlogs- en
rampgebiede om verslag te doen.
Suna het sedert 2009 die US Woordfees
bygewoon as lid van die RSG-nuusspan.
29 May 2018 English South Africa Arts · TV & Film

Other recent episodes

GELOOF OP DIE MARKPLEIN-GESPREKREEKS:

Aangebied deur die Stellenbosch NG Moedergemeente. Met: Johan van der Merwe, Leslie van Rooi, Nadia Marais en Michelle Boonzaaier. Gegewe die patriargale kultuur waarbinne die Bybel tot stand gekom het, kon die kerk hom/haar ooit uit die greep van manlike oorheersing bevry? Is interseksionele feminisme vreemd aan die wese van…
2 May 2018 57 min

IS STELLENBOSCH VOL?

In samewerking met Stellenbosch 360. Gesprekleier: Andreas van Wyk. Met: Elize Anthony (sakevrou), Pat Botha (belangegroep), Stan du Plessis (US), Annemarie Ferns (Stellenbosch 360), Dale Simons (sakeman) en Gesie van Deventer (burgemeester). Baie Stellenbossers meen die dorp raak vinnig oorvol: Daar is al hoe meer inkommers, meer woonkomplekse, meer studente, meer besoekers, meer…
4 May 2018 59 min

NETWERK 24 - SAKE EN SAUVIGON: Muntslim 301 - Van bangbroek tot Buffett

Dalk maak die woord ‘beleggings’ jou bang of dalk wil jy ’n gesoute belegger word en nie net iemand met ’n effektetrustfonds of twee nie. Dan is dié sessie vir jou. Van regstreeks in eiendom belê tot regstreeks op die aandelemark speel, ons gesels in meer diepte oor beleggings.
31 May 2018 1 hr 05 min

IS DIT ’N TYDBOM WAT SO TIK?

Met: Gert Grobler, Leon Schreiber en Sanusha Naidu. Is die wêreld weer besig om, soos voor die Tweede Wêreldoorlog, ’n onveilige plek te word? Kenners reken die kanse op internasionale oorlog word toenemend groter. Wat kan die vonk by die kruitvat wees? En hoe moet SuidAfrika hom in hierdie arena…
31 May 2018 58 min

'N EEU VAN LANDBOU: DIE VEEBEDRYF

100 jaar se kennis en impak uit Stellenbosch. Die landboufakulteit was onder die eerste departemente wat geskep is toe die Universiteit Stellenbosch in 1918 tot stand gekom het. Sedertdien het die universiteit, landbounavorsingsgenote in die distrik asook die boere in die omgewing daartoe bygedra dat Stellenbosch oor die afgelope 100…
31 May 2018 57 min