ETIESE KWESSIES IN DIE PRAKTYK VAN HARTOORPLANTINGS

--:--
Moontlik gemaak deur MediClinic en
Edwin Hertzog, voorsitter van MediClinic.
Met: Anton van Niekerk, direkteur
van die US se Sentrum vir Toegepaste
Etiek, en Susan Vosloo, hartchirurg.
Soos by die oorplanting van enige
orgaan gaan ’n hartoorplanting gepaard
met verskeie etiese vraagstukke. Die
omstandighede van die skenker én die
ontvanger is belangrik asook dinge soos
nuwe wetenskaplike ontwikkelings,
kultuur en geloof. Verdien dit ook etiese
oorweging? Een van Suid-Afrika se voorste
hartchirurge werp lig op van die kwessies
rakende dié ingrypende operasie.
31 May 2018 English South Africa Arts · TV & Film

Other recent episodes

GELOOF OP DIE MARKPLEIN-GESPREKREEKS:

Aangebied deur die Stellenbosch NG Moedergemeente. Met: Johan van der Merwe, Leslie van Rooi, Nadia Marais en Michelle Boonzaaier. Gegewe die patriargale kultuur waarbinne die Bybel tot stand gekom het, kon die kerk hom/haar ooit uit die greep van manlike oorheersing bevry? Is interseksionele feminisme vreemd aan die wese van…
2 May 2018 57 min

IS STELLENBOSCH VOL?

In samewerking met Stellenbosch 360. Gesprekleier: Andreas van Wyk. Met: Elize Anthony (sakevrou), Pat Botha (belangegroep), Stan du Plessis (US), Annemarie Ferns (Stellenbosch 360), Dale Simons (sakeman) en Gesie van Deventer (burgemeester). Baie Stellenbossers meen die dorp raak vinnig oorvol: Daar is al hoe meer inkommers, meer woonkomplekse, meer studente, meer besoekers, meer…
4 May 2018 59 min

SUNA VENTER GEDENKLESING: HUMAN. HUMANE. HUMANITY.

Met: Imtiaz Sooliman. Die joernalis Suna Venter, wat in 2017 op 32-jarige ouderdom aan ‘gebroke hart’-sindroom (streskardiomiopatie) oorlede is, was een van ’n nuwe geslag kampvegters vir mediavryheid. As een van die sogenoemde SABC 8 het sy stelling ingeneem teen pogings om die redaksionele onafhanklikheid van die SABC se nuusprogramme…
29 May 2018 59 min

NETWERK 24 - SAKE EN SAUVIGON: Muntslim 301 - Van bangbroek tot Buffett

Dalk maak die woord ‘beleggings’ jou bang of dalk wil jy ’n gesoute belegger word en nie net iemand met ’n effektetrustfonds of twee nie. Dan is dié sessie vir jou. Van regstreeks in eiendom belê tot regstreeks op die aandelemark speel, ons gesels in meer diepte oor beleggings.
31 May 2018 1 hr 05 min

IS DIT ’N TYDBOM WAT SO TIK?

Met: Gert Grobler, Leon Schreiber en Sanusha Naidu. Is die wêreld weer besig om, soos voor die Tweede Wêreldoorlog, ’n onveilige plek te word? Kenners reken die kanse op internasionale oorlog word toenemend groter. Wat kan die vonk by die kruitvat wees? En hoe moet SuidAfrika hom in hierdie arena…
31 May 2018 58 min