1Recce

Met: Alexander Strachan in gesprek met Fransjohan Pretorius

Aangebied deur Tafelberg

1Recce was die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenheid in die Suid-Afrikaanse weermag. Dié manne was superfiks, bomenslik taai en het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hulle lewens op die spel geplaas in die
uitvoering van hoogs geheime operasies agter vyandelike linies. Dekades lank
is oor al dié hoogs geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste keer, openbaar die Recces se groot generaals (waaronder die legendariese kol. Jan Breytenbach) hoe hulle gestuur is om verskeie polities sensitiewe operasies uit te voer. Alexander Strachan skryf vanuit persoonlike perspektief en vertel meer aan Fransjohan Pretorius.