AMORE BEKKER; TOE-VAL-LIG

Met: Izak du Plessis

Aangebied deur Human & Rousseau

Amore Bekker van RSG se keuse van die 100 beste, soms ongelooflike ware stories van toeval, soos uitgesaai in haar middagprogram, Tjailatyd, is ’n spanpoging. Luisteraars landwyd deel hulle ervaringe van die vreemde toeval wat ons lewens soms so onverklaarbaar aanraak, wat weer eens bewys: Feit is vreemder as fiksie. Amore gesels met kollega Izak du Plessis oor die beste stories.