DEON MEYER: PROOI

--:--
Aangebied deur Human & Rousseau

Met: Irma Venter

Griessel en Cupido wil nie die dossier hê nie. Die een van Johnson Johnson, die oudpoliesman wie se lyk langs die treinspoor anderkant Drie Susters gekry is. En daar’s groot druk van bo af om dit selfmoord te noem. Dit lyk al hoe meer of dié ding oor landsgrense strek. Dit lyk al hoe meer na staatskaping. Dit lyk al hoe meer na moeilikheid. Al weer. Irma Venter (Sondag) vra die meester van misdaad uit oor sy jongste Bennie Griessel, Prooi.
2 Mar 2019 Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

RAINBOW NATION BY CAR

Dana Snyman en Sihle Khumalo, in gesprek met Erns Grundling Aangebied deur Penguin Random House Net soos Dana Snyman in Uit die binneland, openbaar Sihle Khumalo ’n groot liefde vir die platteland en sy mense. En dis hierheen waarna hy terugkeer in Rainbow Nation My Zulu Arse, sy tong stewig…
4 Mar 2019 1 hr 01 min

1Recce

Met: Alexander Strachan in gesprek met Fransjohan Pretorius Aangebied deur Tafelberg 1Recce was die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenheid in die Suid-Afrikaanse weermag. Dié manne was superfiks, bomenslik taai en het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hulle lewens op die spel geplaas in die uitvoering van hoogs geheime…
1 Mar 2019 56 min

DIE KRIEGLER-GESPREK

Johann Kriegler gesels met Rafael Marques de Morais en Adriaan Basson Oudregter Johann Kriegler ondervra twee topjoernaliste, 2018 se World Press Freedom Hero Rafael Marques de Morais van Angola, en News24- redakteur en skrywer Adriaan Basson, oor die wisselwerking tussen persvryheid en menseregte en watter rol ondersoekende joernaliste kan speel…
4 Mar 2019 1 hr 05 min

BLOEDBANDE MET VERWOERD

Wilhelm Verwoerd, in gesprek met Lukhanyo Calata Aangebied deur Tafelberg Ná jare in Ierland keer Wilhelm Verwoerd terug na Suid-Afrika om vrede te maak met sy eie familie en geskiedenis. In die Verwoerd-strandhuis, Blaas ’n bietjie, sit en skryf hy onder ’n gesinsfoto waarop sy oupa, Hendrik French Verwoerd, hom…
1 Mar 2019 55 min

DIE ROL VAN VERBEELDING

Met: Andries Bezuidenhout NP van Wyk Louw-lesing, UJ In sy NP van Wyk Louw-lesing by die Universiteit van Johannesburg betoog Andries Bezuidenhout vir ’n talige transnasionalisme, eerder as taalnasionalisme, as strategie om die voortbestaan van ’n Afrikaanstalige kultuurlewe te bevorder. In Utopiese verbeelding en Afrikaans: ’n Gesprek met T Dunbar…
5 Mar 2019 1 hr 04 min