DIE BRAAMBOS BLY BRAND
--:--
Met: Chris Jones, Pieter Malan, Julian Jansen, Rachelle Greeff en Valiant Swart
Aangebied deur Naledi
Pieter Malan en Chris Jones, samestellers van Die braambos bly brand – nie-teoloë se perspektiewe op Bybelverse, gesels met sanger Valiant Swart, skrywer Rachelle Greeff en joernalis-skrywer Julian Jansen oor hulle bydraes tot dié spesiale boek. Meer as 30 bekende Suid-Afrikaners – van die ontslape politikus Pik Botha en kletsrymer Churchil Naudé, tot die reisskrywer Dana Snyman en ekonoom Dawie Roodt – het bygedra. Die opdrag? Skryf iets oor ’n Bybelvers wat vir jou belangrik is.