DIE KRIEGLER-GESPREK

Johann Kriegler gesels met Rafael Marques de Morais en Adriaan Basson

Oudregter Johann Kriegler ondervra twee topjoernaliste, 2018 se World Press Freedom Hero Rafael Marques de Morais van Angola, en News24- redakteur en skrywer Adriaan Basson, oor die wisselwerking tussen persvryheid en menseregte en watter rol ondersoekende joernaliste kan speel in ’n korrupte samelewing Dit was Rafael se 2011-boek, Blood Diamonds, wat die vonk in die kruitvat was. Sy ontmaskering van menseregte- vergrype en die Angolese regering se betrokkenheid het tot eindelose hofsake en selfs tronkstraf gelei, maar ook tot talle internasionale pryse vir etiese verslaggewing – ’n groot eer vir iemand wat as arm seuntjie langs sy ma se markpleinstalletjie leer koerant lees het.