"PAPBOEK" VIR 'N VERRAAIER
--:--
Harry Kalmer en Hannelie Coetzee, in gesprek met Ingrid Winterbach
Die storie van ’n Hollander wat vir die Boere geveg het en as verraaier deur die Wolmaransstad-krygshof gefussileer is, het Harry Kalmer en kunstenaar Hannelie Coetzee só geïnspireer dat hulle ’n “anderse” boek daarvan wou maak. Die uiteinde is ’n unieke kunstenaar- ”slapboek”, Die agste plaag - ’n papboek, wat in beperkte genommerde oplaag beskikbaar sal wees. Ingrid Winterbach gesels met hulle oor “verborge” geskiedenis en wat die boekformaat en storie in gemeen het. ’n Video oor die maak van die boek word ook gewys.