#lositbeter SPAR Northrand0

#lositbeter: SPAR Northrand het 15696 blikkies ter waarde van R183 000 ingesamel vir GROOTfm 90.5 se #lositbeter veldtog. Ons het die eerste 1500 blikkies saam met SPAR en 'n paar van die Multiply Titans krieketspelers in Atteridgeville uitgedeel waar ons begunstigde, Headstartkids by 26 dagsorgsentrums met 1113 kleuters betrokke is! FutureLife het ook 100kg se pap geskenk. Corbin Bosch, Neil Brand, Kabelo Sekhukhune, Tshepo Moreki en Ofentse Ranoto was saam met ons daar asook Karien Strydom van SPAR en Lily Geerdts van Headstart Kids!