RSG Landbou

Suid-Afrika se eerste rosyntjiekultivar, wat as Sundowner bekendstaan, is onlangs geregistreer. Andries Daniels, 'n evalueerder by die Landbounavorsingsraad, vertel hoe uniek hierdie kultivar is. Wat en wie is AgriSETA? Die uitvoerende bestuurder van vaardigheidsbeplanning by AgriSETA, Frikkie Fouche, verduidelik. En Andre van Niekerk van Sandvet Pecans praat oor die potensiaal van die plaaslike pekanneutbedryf.