Skrywers en Boeke

Sonya van Schalkwyk-Barois, die vrou agter die splinternuwe Afrikaanse vertalings van die Kuifie-strokiesprentreeks, vertel vir Ilse Salzwedel hoe sy die enorme taak benader. Sonya is ook die vertaler van die baie gewilde Asterix en Obelix-reeks, waarvan daar reeds meer as 20 nuwe Afrikaanse titels op die rak is. Jy kan ook luister na 'n mini-drama uit die argiewe uit die pen van Cor Nortje. En Johan Myburg vertel meer oor die kortlyste vir die gesogte British Book Awards, of Nibbies.