RONELDA KAMFER & NATHAN TRANTRAAL: TWEE DIGTERS TESAME

--:--
In gesprek met Louise Viljoen
Aangebied deur Kwela

Met Chinatown en Oo’log publiseer die
Trantraals, Ronelda Kamfer en Nathan,
vir die eerste keer (amper) saam. In hul
onderskeie bundels ondersoek Ronelda
geslagspolitiek, vrouemishandeling en
die gebroke verhouding tussen ’n dogter
en pa; en Nathan, oorlogvoering, ook
in die persoonlike, intieme ruimte. Hoe,
wil Louise Viljoen weet, maak hulle ’n
huweliksverhouding, kind grootmaak én
skep onder een dak werk?
12 Mar 2020 8AM Afrikaans South Africa News · Government

Other recent episodes

DIE SEE SPOEG STORIES

Meg Vandermerwe, Kirby van der Merwe en Jolyn Phillips gesels met Thys Human Aangebied deur Penguin Random House en Human & Rousseau Die verbitterde kreefsmous Hendrik se ontdekking van ’n meermin op ’n verlate strand aan die Weskus is die begin van ’n anderse seerkry-liefdesverhaal in Meg Vandermerwe se Die…
13 Mar 2020 5AM 55 min

REZA DE WET – TEATERPIONIER

Met: Temple Hauptfleisch, Marisa Keuris en Danie Stander; Dawid Minnaar en Susan Coetzer lees voor Aangebied deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, en Protea Boekhuis Reza de Wet was skaam dog vreesloos, ’n Vrystaatse dramaturg bekend vir haar ontginning van magie, illusie en seksualiteit. Temple Hauptfleisch en Marisa…
12 Mar 2020 5AM 26 min

MAGIESE MADAGASKAR

Met: Catherine du Toit, Naòmi Morgan en Johanna Steyn Aangebied deur die Agence Universitaire de la Francophonie ’n Geniale, maar haas onbekende digter van Madagaskar se poësie lei tot ’n grensverskuiwende, veeltalige vertaalprojek tussen Afrikaans, Engels en Frans, wat veral wys op die besondere affiniteit tussen Frans en Afrikaans. Catherine…
10 Mar 2020 8AM 51 min

MADAM & EVE – 25 YEARS LATER

Aangebied deur Jacana Media Ouma met haar jenewertjie, Kleinsus voor die TV en Eve wat kommentaar van agter die strykplank mompel... Ná meer as 25 jaar verruil die ikoniese Madam en Eve-strokie die koerant vir die rekenaarskerm. Maar hul papierboeke verskyn nog, en met hul jongste, The 4th Revolution, op die rak, vertel –…
9 Mar 2020 6AM 1 hr 02 min