Beskrywing van chaos by hof in Senekal deur 'n omstander

Willem Petzer, wat teenwoordig was tydens vandag se oproerige optrede deur boere en gemeenskapslede wat saamgedrom het by die hof in Senekal, het meer besonderhede bekend gemaak oor die gebeure. Die gebeure volg nadat twee verdagtes aangekeer is in verband met die wreedaardige aanranding en moord van 'n 22-jarige plaasbestuurder Brendin Horner wat vasgebind aan 'n paal aangetref is nadat hy reeds gesterf het.