Reaksie op dr.Geingob se standpunt oor wit kiesers

Reaksie word ontvang op die standpunt van die president van Swapo,dr.Hage Geingob, dat wit Namibiërs,soos hy dit gestel het,oorlog teen die regerende party verklaar het, en nie vir Swapo in volgende maand se streekraad en plaaslike owerheidsverkiesings gaan stem nie. Dr Geingob het gepraat tydens die bekendstelling van Swapo se verkiesingsveldtog in die hoofstad.Die leier van die Republikeinse party, Henk Mudge,het die standpunt van dr. Geingob,met minagting verwerp.