Zirk Botha begin vanoggend nege-uur met sy tog van die Kaap na Rio

Die 59 jarige Zirk Botha,die bekende Suid-Afrikaanse avonturier vertrek vanoggend nege-uur uit Kaapstad op ‘n baie interessante tog.Hy sal die eerste mens wees om van Kaapstad oor die Atlantiese Oseaan na Rio de Janeiro te roei.Die reis van sowat 7 duisend kilometer sal ongeveer 3 maande duur. Hy het met Kosmos 94.1-Nuus uit Kaapstad gepraat .