Jaarlikse staptog om 'n plaas te red

--:--
Natuurrampe kom sporadies voor in Sentraal-Suid-Afrika. In sommige gevalle is die natuurramp van so aard dat dit gemeenskappe destabiliseer en ‘n humanitêre krisis veroorsaak. Ons dink aan die uitmergelende droogte van 2014 tot 2021/22 in sentraal en westelike Karoo gebiede. Oor die jare het Red-‘n-Plaas en nou Red-‘n-Gemeenskap ongelooflike goeie werk gedoen om befondsing te verkry om hierdie ramp geteisterde gebiede te ondersteun op verskeie maniere. Die jaarlikse camino stap het baie gewild geraak as deel van die ramp ondersteuning projekte. Agri SA Adjunk-president Nicol Jansen vertel hoe mense betrokke kan raak.
15 Feb 2AM Afrikaans South Africa News · Earth Sciences

Other recent episodes

John Steenhuisen besoek NAMPO Oesdag

Gegewe die feit dat daar al vir die afgelope 15 jaar beleidsonsekerheid, uitdagings met infrastruktuur en hoë insetkoste bly die landbousektor innoverend en veerkragtig. Die federale leier van die Demokratiese Alliansie, John Steenhuisen het gister NAMPO Oesdag besoek en meen boere gee die land hoop as mens kyk hoe hulle…
15 May 7AM 2 min

Die stand van die varsproduktemark

Varsprodukte markte reg oor Suid Afrika het oor al die jare die geleentheid gebied om produsente en aankopers van vrugte en groente byeen te bring waar vraag en aanbod die ware prys van die produkte kon bepaal. Vandag lyk dit of die behoefte steeds daarvoor bestaan maar dat ander faktore…
9 May 12AM 3 min