Episode 3: In saamloop lê hoop

--:--
Nie net ons land is stukkend nie. Ook binne die kerk is daar stukkendheid. Daar is gemeentes wat sê hulle maak hulle los van strukture soos die Algemene Sinode, ringe en streeksinodes maar hulle wil NG Kerk bly. Ons gesels hieroor met Jan Lubbe, ’n NG dominee van Bloemfontein en tans voorsitter van die Algemene Sinode van die NG Kerk.
Hy vertel ondermeer hy hoop dat as kerk ons maniere sal vind om tog die pad saam te loop want ons land het dit nodig, veral nou. Hierdie gebeure het ruim lugtyd gekry by die afgelope vergadering van die Algemene Sinode Moderamen. Tydens die geleentheid het die Taakspan Regte ook terugvoering gegee oor die regsgeldigheid van die “aktes van opskorting” wat van hierdie gemeentes ingedien het. In ’n tweede insetsel vertel Lubbe ook hieroor meer. Dan luister ons ook na ’n uittreksel van ’n gesprek met dr Zander van der Westhuizen van NG Gemeente Tygerpoort waar hulle glo ook hulle geboue moet, nie net Sondae nie maar heel week, werk in belang van, nie net die gemeente nie, maar die gemeenskap.
29 Feb Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 12: Twee skrywervriende gesels oor nuwe boeke in Pinkstertyd

Donderdag 9 Mei is Hemelvaart. Nou in verkiesingstyd in ons land wonder Cas Wepener hoeveel vernuwingswerk die Gees van God by hom kan bring as hy bereid is om te luister eerder as kla. So vertel hierdie Stellenbosse professor vir sy jarelange vriend, emeritus-prof Chris van der Merwe. Dié twee…
5 May 26 min

Episode 11: 'n Verhaal van omkeer uit die Paarl

Aletia Grundling vertel die verhaal van hoe sy en vroue soos Cathy Ross en Jenny Arendse met liefde en omgee vir bendekinders ‘n drama-en skryfskool kon begin. Sy is die hoof van Monte Christo Miqlat of MCM, ‘n NGO wat deur hulle veeldoelige sentrum al vir jare ‘n veilige tuiste…
28 Apr 23 min

Episode 10: Hoe moet lidmate ‘goedkoop versoening’ verstaan?

Is verhoudings tussen wit en bruin en swart Christene in die banke van kerke soos die NG Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) 30 jaar ná apartheid aan ’t versterk en verdiep? Is daar grondige versoening tussen rasse en op strukturele vlak binne die NG Kerk die soort “herstellende…
21 Apr 23 min

Episode 9: Wanneer geloof tekkies dra

Kollig Episode 9: Wanneer geloof tekkies dra Kollig reis vandeesweek binneland toe. Karoo toe. DJ Muller van Kaapkerk se kommunikasiespan is saam. Hier op Victoria-Wes kry ons twee stories wat iets vertel van hoe geloof lyk wat hande en voete kry. Die Red n Plaas naam is welbekend. Vanjaar se…
14 Apr 13 min

Episode 8: #imagine en Pelgrimstog van Hoop se staproetes bied mense hoop

Tien jaar. Dit is hoe lank die #imagine-jeugkampe sowel as die Pelgrimstog van Hoop aan die gang is - altwee buitelugervarings wat vanuit die kerk ontstaan het. Tussen die meer as 2000 tieners uit sowat 212 dorpe van regoor die land en selfs uit Namibie, wat vanjaar se #imagine-kampe bygewoon…
7 Apr 30 min