Woensdag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

--:--
1 KORINTIËRS 15
Die opstanding van Christus
1Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. 2Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom.
3Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; 4Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. 5Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf, 6en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. 7Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. 8Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.
24 Apr 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

HANDELINGE 4 36Josef 'n Leviet wat op Siprus gebore is en wat deur die apostels Barnabas genoem is – dit beteken iemand wat mense moed inpraat – 37het ook die grond wat hy gehad het, verkoop en die geld gebring en dit vir die apostels gegee.
16 May 2AM 16 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

EKSODUS 20 Die tien gebooie (Vgl. Deut. 5:6-21) 1Toe het God al hierdie gebooie aangekondig: 2“Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. 3Jy mag naas My geen ander gode hê nie. 4“Jy mag nie vir jou 'n beeld of enige…
14 May 2AM 18 min

Maandag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

PSALMS 116 Ek het die Here lief 1Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. 2Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het. 3Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword. 4Toe het ek die Naam van…
13 May 2AM 17 min

MOEDERSDAG Sondagaand Erediens - Dr Belinda van der Vlies

MATTEUS 5 Die sout vir die aarde en die lig vir die wêreld (Mark. 9:50; Luk. 14:34-35) 13“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap…
12 May 1PM 19 min