Vrydag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

--:--
JOHANNES 21

7Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!”
Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy hemp aangetrek – want sy bolyf was kaal – en in die water gespring. 8Hulle was nie ver van die land af nie, net omtrent honderd tree. Die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep. 9Toe hulle aan land kom, sien hulle 'n vuur brand en 'n stuk vis daarop lê. Daar was brood ook. 10Jesus sê toe vir hulle: “Bring van die vis wat julle nou net gevang het.”
11Simon Petrus het toe in die skuit geklim en die net op die land getrek. Dit was vol groot visse, honderd drie en vyftig, en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.
12Toe sê Jesus vir hulle: “Kom eet.”
Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra: “Wie is U?” nie. Hulle het geweet dat dit die Here is. 13Jesus kom toe, neem die brood en gee dit vir hulle, en net so ook die vis.
14Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy uit die dood opgewek is.
3 May 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Ben Bornman

PSALMS 145 Ek wil getuig van u magtige dade 1'n Loflied van Dawid. Ek wil u lof verkondig, my God en Koning, ek wil u Naam altyd loof. 2Elke dag wil ek U loof, ek wil u Naam altyd prys. 3Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy…
20 May 2AM 14 min

Vrydag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

JOHANNES 21 Jesus verskyn nog 'n keer aan sy dissipels 1Daarna het Jesus weer aan sy dissipels verskyn, by die See van Tiberias. Dit het só gebeur: 2Simon Petrus en Tomas, wat ook Didimus genoem is, Natanael van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus en nog twee ander dissipels…
17 May 2AM 17 min

Sondagaand Erediens - Past Marius Jacobs

PSALMS 1 Die Here lei die regverdiges 1Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, 2maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. 3Hy is soos 'n…
19 May 1PM 28 min

Sondagoggend Erediens - Past Marius Jacobs

2 KORINTIËRS 4 Die apostels verkondig Jesus Christus, die Here 1God het Hom oor ons ontferm en hierdie bediening aan ons opgedra. Daarom word ons nie moedeloos nie. 2Ons vermy praktyke wat nie die lig kan verdra nie en waaroor ons ons sou moes skaam. Ons gaan nie met bedrog…
19 May 3AM 23 min

Saterdag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

JONA 1 U is die Here, U doen wat U wil 1Die woord van die Here het tot Jona seun van Amittai gekom: 2“Maak klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan, want Ek weet hoe sleg hy is.” 3Maar Jona het klaargemaak om na Tarsis…
18 May 2AM 23 min