Louis en Cora de Kock – WildeKlawer
--:--
Louis en Cora de Kock van WildeKlawer by Barkley-Wes in die NoordKaap, is Suid-Afrika se grootste uie-produsent vir sowel die plaaslike as die internasionale mark. Binne seisoen pak die maatskappy meer as 2,4 miljoen uie per dag. Hulle lewer ’n aansienlike bydrae tot die land se aartappelproduksie en verskaf omtrent 5% van Suid-Afrika se aartappels. Wildeklawer verbou ook pitlose waatlemoene.