SJ NAUDÉ: LEË WIT RUIMTES EN DIE POLITIEK VAN NOSTALGIE
--:--
Hoe is dit moontlik om vandag in Afrikaans te skryf? En veral as ’n mens vir en oor die wyer wêreld sou skryf? En is daar enigiemand wat nog oor
50 jaar Afrikaanse fiksie sal lees? Dit is van die vrae wat SJ (Fanie) Naudé, die 2013 Jan Rabie en Marjorie Wallace- beurshouer vir Alfabet van die voëls, vra in sy Jan Rabie en Marjorie Wallace- gedenklesing van verlede jaar by die Universiteit van Wes-Kaapland