Beskerm al die kinders: UNICEF Suid-Afrika

--:--
UNICEF Suid-Afrika het in 'n manifesvrystelling wat 30-jaar van demokrasie herdenk, versoek dat kinders in die ontwikkelingsagenda voorop gestel word. Die manifes versoek verbeterde pogings om die welstand van alle kinders, insluitend diegene met gestremdhede en migrante, te verseker. UNICEF se lands-verteenwoordiger, Christine Muhigana, het die behoefte beklemtoon dat leiers voorkeur gee aan kinders se beskerming en toekoms in aanloop tot die verkiesing:
26 Apr 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Bly positief met kolf, sê uitblinker Stubbs

Krieket: Die Protea-kolwer, Tristan Stubbs, het ʼn vinnige 41 gemoker in die Delhi Capitals se 20-lopie-sege oor die Rajasthan Royals in hulle Indiese Premierliga-kragmeting. Rajasthan moes ʼn teiken van 222 haal, maar is tot 201 vir agt beperk. Die oorwinning hou Delhi se hoop lewendig om die uitspeelrondes te haal…
8 May 8AM 1 min

Massa-registrasie van nasionale dokumente duur voort

Die binnelandse sake ministerie is steeds tot einde Junie vanjaar besig met 'n landwye massaregistrasie-veldtog vir nasionale dokumente. Dit sluit in registrasie van geboortesertifikate vir alle ouderdomme, duplisering van geboortesertifikate, aansoeke om identiteitsdokumente en aansoeke om duplikaat identiteitsdokumente. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die ministerie se woordvoerder, Margaret Kalo,…
8 May 8AM 1 min

Is daar regtig soveel dokters in Namibië?

Namibië het 'n silwer toekenning van die Wêreldgesondheidsorganisasie ontvang vir die werk wat gedoen is om Hepatitis B uit te skakel. By die geleentheid het premier Saara Kuugongelwa-Amadhila 'n oorsig gegee van Namibië se prestasies. Volgens Kuugongelwa-Amadhila het die Unam-mediese skool sedert sy ontstaan 400 mediese dokters opgelei, en daar…
8 May 7AM 1 min

Afrika-plante is beter bron vir velverbleiking

Nuwe navorsing beklemtoon die moontlikheid om plantekstrakte uit Afrika se ryke biodiversiteit as veiliger alternatief vir sintetiese velbleikingsprodukte te gebruik. Laurentia Opperman wat onlangs haar Meestersgraad in Mediese Biowetenskappe aan die Universiteit van die Wes-Kaap voltooi het, het die navorsing gedoen. Sy sê tirosinase was ʼn belangrike fokuspunt in haar…
8 May 7AM 1 min