Copps 94.1 in die hoofstad was aansienlik stiller as gewoonlik, maar drankmisbruik het weer sterk na vore getree. Volgens Francois Lottering van Copps 94.1 was vroue by al die gevalle betrokke waar hulle moes hulp verleen. Dit is nie verbasend nie, aangesien Namibië volgens die Wêreld Gesondheid-organisasie een van die…
Die ministerie van myne en energie het aangekondig dat die brandstofpryse weer gaan styg in Mei. Dit kom op die hakke van 'n groot verhoging in April. Petrol styg met 70 sent 'n liter en beide variante van diesel met 40 sent 'n liter. Dit tree op Donderdag, 2 Mei…
Die Bank van Namibië het die Kitsbetalingsprojek bekendgestel, 'n baanbrekersinisiatief om finansiële dienste regoor Namibië te revolusioneer. Met 'n geteikende amptelike bekendstellingsjaar van 2025, beoog die projek om finansiële insluiting aansienlik te verbreed deur noodsaaklike en bekostigbare finansiële dienste aan almal te verskaf. Die projek het ten doel om 'n…
Rugby: Twee beserings bring 'n dubbele terugslag vir die Leeus voor hul Verenigde Rugby Kampioenskap-kragmeting môre teen die verdedigende kampioen, Munster. Die senter, Henco van Wyk, en die heelagter, Quan Horn, is weens beserings nie beskikbaar nie. Die losskakel Jordan Hendrikse sal sy 50ste wedstryd egter as heelagter speel, met…
Namibië het sy ekonomiese groei-voorspellings vir 2023 en 2024 verhoog en 'n begrotingstekort-projeksie verlaag, as gevolg van hoofsaaklik sterk groei in die olie- en mynbousektore. Die begrotingstekort vir die 2023/24-boekjaar word beraam op 3,2 persent van die bruto binnelandse produk, laer as 'n Oktober-skatting van 4,2 persent, en behoort teen…
Die Stad Kaapstad het die ontwikkeling van 'n privaat vennoot by die Kaapstad-hawe verwelkom. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê vroeër hierdie week het die Transnet Nasionale Hawe-owerheid 'n beroep op belanghebbende partye gedoen om tenders in te dien vir die vestiging, bedryf, instandhouding, opknapping, of bou en…
Die toerisme-ministerie, in samewerking met Namibia Wildlife Resorts, het aangekondig dat 'n deeglike evaluering van waterbronne in Visriviercanyon gedoen is, en daar is genoeg water beskikbaar vir die komende stapseisoen. Die stapseisoen begin op 1 Mei. Dit kom na 4,36 miljoen kubieke meter water uit die Neckartaldam vrygelaat is in…
Die belangrike Hardapdam, waarop boere van die groenskema staatmaak, is tans net 12,3 persent vol. Boere by die besproeiingskema mag net 25 persent van hul lande besproei, maar kan so hul permanente gewasse behou. Kosmos 94.1 Nuus het met gepraat met Voermeester se hoof uitvoerende beampte , Jaco Labuschagne, oor…
Die regering se verlenging van die droogtehulp-ondersteuningsprogram tot 31 Maart volgende jaar word wyd verwelkom, veral in die boerdery-gemeenskap. Uit die begroting van 825 miljoen Namibiese dollar is 100 miljoen dollar begroot vir die lewendehawe ondersteuningsprogram. Reaksie is ontvang van Roelie Venter, die Namibië Landbou-unie se uitvoerende bestuurder. Venter verduidelik…
Paratus Botswana het die laaste been van sy veselroete voltooi om die nuwe Botswana Kalahari Fiber roete te skep. Altesaam 840km vesel is tussen die Namibiese grens en Lobatse gelê en is einde Maart geaktiveer. Dit voltooi die laaste been van die Paratus-geboude Trans Kalahari Fiber roete, wat van Johannesburg…
UNICEF Suid-Afrika het in 'n manifesvrystelling wat 30-jaar van demokrasie herdenk, versoek dat kinders in die ontwikkelingsagenda voorop gestel word. Die manifes versoek verbeterde pogings om die welstand van alle kinders, insluitend diegene met gestremdhede en migrante, te verseker. UNICEF se lands-verteenwoordiger, Christine Muhigana, het die behoefte beklemtoon dat leiers…
Die DA het 'n nuwe ekonomiese beleid bekendgestel om Suid-Afrika se ernstige werkloosheidskrisis aan te pak. Die beleid, wat daarop gemik is om tussen twee-miljoen en drie-miljoen nuwe werksgeleenthede te skep, fokus op die verbetering in die gemak om sake te doen, om beter fiskale keuses te maak en die…
Die inwyding van Namibië se eerste poliëtileentereftalaat plastiekherwinningsaanleg, is 'n gesamentlike poging tussen Namibia Polymer Recyclers en Coca-Cola Beverages Africa in Namibië. Die PET Flake Plant in Okahandja verteenwoordig nie net 'n prysenswaardige belegging in die land se omgewingsvolhoubaarheid nie, maar ook 'n besliste stap in die rigting van die…
Die geboortekoers van vrouens tussen die ouderdomme van 20 en 40 het gedaal vanaf 2018 tot 2021. Dit is volgens die tweede uitgawe die Namibië Statistieke-agentskap. Terwyl die redes hiervoor nie aangevoer word nie, word daar beaam dat daar beter toegang tot voorbehoedmiddels is, en dat kinders duur is, veral…
Die DA het die ANC se besluit gekritseer, om teen ʼn beslissing van die Gautengse Hooggeregshof te appelleer. Die hof het die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, en partybeampte Thapelo Masilela aan minagting van die hof skuldig bevind. Hulle het rekords van die party se nasionale kaderontplooiing teruggehou ná ʼn…
Die jongste FNB-huurindeks vir die vierde kwartaal van 2023 is bekend. Die bank sê huurpryse neig opwaarts, reeds vir die afgelope drie agtereenvolgende kwartale. Die jaar gemiddeld vir die vierde kwartaal was ‘n styging van 7,2 persent, op van 4,7 persent in die derde kwartaal van verlede jaar. Mandisa van…
Die Elektrisiteitsbeheerraad het aangekondig dat NamPower se kragtarief verhoog sal word met 8 persent. NamPower het gevra vir 14,59 persent in sy tariewe vra. Die uitvoerende hoof van die raad, Robert Kahimise het vanoggend die aankondiging gemaak en sê die nuwe tarief tree op 1 Julie in werking.
Konstruksie van Fase 1 van die Daurês Groen-waterstof Dorp is 85 persent voltooi, en die projek sal na verwagting teen einde Julie vanjaar 18 ton waterstof en 100 ton groen ammoniak produseer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jerome Namaseb, die uitvoerende hoof van die Daurês Groen-waterstof Dorp, wat 'n…
Die Namibiese Gasvryheidsvereniging het gereageer op die gru-busongeluk waar twee toeriste die week omgekom het. Die ongeluk het op die C14-grondpad plaasgevind. Gitta Paetzold van die vereniging sê daar sal moet gekyk word na die stand van paaie sowel as voertuie wat toeriste vervoer.
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het vroeër sy jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram met drie maande verleng tot 30 Junie. Dit was na 'n oorweldigende aanvraag en terugvoer van die sakegemeenskap, veral klein- en mediumgrootte besighede. Bipa gaan verskeie streke besoek waar sakelui na sekere dorpe kan gaan om aansoek te doen…
26 Apr 5AM
1 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.