Nuwe Trans Kalahari Fiber roete bring voordele

--:--
Paratus Botswana het die laaste been van sy veselroete voltooi om die nuwe Botswana Kalahari Fiber roete te skep. Altesaam 840km vesel is tussen die Namibiese grens en Lobatse gelê en is einde Maart geaktiveer. Dit voltooi die laaste been van die Paratus-geboude Trans Kalahari Fiber roete, wat van Johannesburg na Swakopmund in Namibië loop. Kosmos 94.1 Nuus het met 'n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Frederico Links, gepraat wat sê die internetverbindings sal positief wees vir beide lande.
26 Apr 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

George: Soek en redding duur nog vir drie dae

Wes-Kaapse Rampbestuur sê almal wat nog vasgekeer is onder die puin van die ineengestorte verdiepinggebou in George, sal vir die volgende drie dae as lewend beskou word. Soek- en reddingspogings duur intussen voort. Sewe van die 75 konstruksiewerkers wat op die terrein was ten tyde van die ineenstorting, is dood,…
8 May 2AM 1 min

MTC sal help om misdaad in Whk te bekamp

Die Windhoek munisipale raad en MTC het 'n memorandum van verstandhouding onderteken wat sal meebring dat die twee partye meer tegnologie sal aanwend om misdaad in die stad te help bekamp. MTC sal steun verleen vir die Stad Windhoek se veilige stad-konsep in samewerking met die Stadspolisie, om kringtelevisie-toerusting en…
8 May 2AM 1 min

Borussia Dortmund haal eindstryd, eerste keer in 11 jaar

Borussia Dortmund is deur na hulle eerste Kampioeneliga-eindstryd sedert 2013 nadat hulle in die tweede deel van hulle halfeindronde-kragmeting met Paris Saint-Germain afgereken het. Mats Hummels se kopskoot in die tweede helfte het aan Dortmund ʼn een-nul-sege besorg met ʼn totale oorwinning van twee-nul. Die Duitse klub sal die eerste…
8 May 2AM 1 min

Zizi wil teen DA optree oor vlag-advertensie

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, oorweeg optrede teen die DA se omstrede advertensie waarin die Suid-Afrikaanse vlag verbrand word. Die DA het die advertensie verdedig en sê dit versinnebeeld kommer oor die toestand waarin die land verkeer. Kodwa se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê die minister het…
8 May 2AM 1 min

Sommige gebiede het stropery onder beheer

Wild- en vee-stropery neem geweldig toe in verskeie dele van die land. Omtrent elke week word een of meer sake aangemeld. Die prentjie lyk blykbaar nie te sleg in al die gebiede nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Günther Kahl, wat boer in die Kalkveld area, wat sê stropery…
8 May 1AM 1 min