Begrotingstekort-projeksie verlaag na 3,2%

--:--
Namibië het sy ekonomiese groei-voorspellings vir 2023 en 2024 verhoog en 'n begrotingstekort-projeksie verlaag, as gevolg van hoofsaaklik sterk groei in die olie- en mynbousektore. Die begrotingstekort vir die 2023/24-boekjaar word beraam op 3,2 persent van die bruto binnelandse produk, laer as 'n Oktober-skatting van 4,2 persent, en behoort teen 3,2 persent van die BBP in 2024/25 te bly. Die sterk groei is weens verhoogde aktiwiteite in die natuurlike hulpbronsektor, insluitend die impak van petroleumeksplorasie op ekonomiese aktiwiteite en die oplewing in uraanproduksie na prysstygings. Max Rix, hoof van beleggings by Simonis Storm, deel sy gedagtes oor die eerste kwartaal van 2024.
26 Apr 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Windhoek het ernstige tekort aan water

Windhoek staar 'n ernstige waterprobleem in die gesig. Volgens Stad Windhoek se hoofingenieur vir grootmaat- en afvalwater, Sebastian Husselmann, is daar ernstige waterskaarste by die Von Bachdam, wat net 11,3 persent vol is. Daar is ook net 18 persent waterbronne oor in die sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien…
8 May 11AM 1 min

Duitse klubs blink uit in Europa

Sokker: Duitse klubs lyk op die oomblik sterk. Borussia Dortmund is deur na die Kampioeneliga-eindstryd nadat hy Paris Saint-Germain geklop het. Hul teenstanders sal vanaand in Spanje bepaal word in die wedstryd tussen Bayern München en Real Madrid, wie se eerste halfeind-kragmeting 2-elk geëindig het. Intussen het Bayer Leverkusen een…
8 May 11AM 1 min

Vleispryse styg effe in April

Die nuutste vleispryse is vandeesweek bekend gemaak deur die Namibiese Landbou-unie. Leigh-Anne Nahoya, 'n landbou ekonoom van die unie, het 'n oorsig gegee aan Kosmos 94.1 Nuus oor wat verwag kan word. Die pryse het in April gestyg weens die bietjie reën wat geval het. Nahoya het meer inligting.
8 May 11AM 1 min

Naloba, Alweendo vergader oor opmerkings

Die Namibië Plaaslike Besigheidsvereniging, Naloba, en mynwese-minister Tom Alweendo het 'n vergadering gehad met Naloba se prokureur, Kadhila Amoomo. Dit kom nadat Naloba die minister versoek het om sekere opmerkings wat hy tydens die Namibië Internasionale Energiekonferensie gemaak het terug te trek, en om in die openbaar alle Namibiërs om…
8 May 11AM 1 min

Inflasie vir April 4,8%, teenoor 6,1% in April 2023

Die jaarlikse inflasiekoers vir April het op 4,8 persent te staan gekom vergeleke met 6,1 persent wat in April verlede jaar aangeteken is, volgens die Namibië Statistieke-agentskap se jongste verslag. Op 'n maandelikse basis het die inflasiekoers gestyg tot 0,7 persent, vergeleke met 0 persent wat 'n maand vroeër aangeteken…
8 May 11AM 1 min