Dubbele beseringsterugslag tref Leeus

--:--
Rugby: Twee beserings bring 'n dubbele terugslag vir die Leeus voor hul Verenigde Rugby Kampioenskap-kragmeting môre teen die verdedigende kampioen, Munster. Die senter, Henco van Wyk, en die heelagter, Quan Horn, is weens beserings nie beskikbaar nie. Die losskakel Jordan Hendrikse sal sy 50ste wedstryd egter as heelagter speel, met Sanele Nohamba wat op losskakel bly. Die Leeus veg vir ’n plek onder die top-agt en die skopafrigter Morné Steyn sê dis soos uitkloprugby.
26 Apr 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Gedenkdiens eer drie gestorwe Westair-werknemers

Die tragiese vliegongeluk verlede Vrydag in Windhoek waarin drie werknemers van Westair gesterf het, het hul families en kollegas in skok gelaat. Rozanne de Beer-Olivier, haar medevlieënier Ruan van Schalkwyk en vliegtuig ingenieur Armand Lubbe is op slag dood. 'n Gedenkdiens is vandag in die hoofstad gehou. Dr. Willem Moore,…
8 May 1PM 1 min

Plaasmoorde 'skep paniek, onsekerheid by boere'

Die Vrystaatse Landbou-departement sê die moorde op die bejaarde egpaar Christo Morrisen, en sy vrou Christa by Rietfontein-plaas het paniek en onsekerheid geskep onder boere, oor hul veiligheid en sekuriteit. Die departement sê sulke voorvalle bedreig voedselsekerheid en werkskepping, en die verlies aan een boer is een te veel. Die…
8 May 1PM 1 min

Windhoek het ernstige tekort aan water

Windhoek staar 'n ernstige waterprobleem in die gesig. Volgens Stad Windhoek se hoofingenieur vir grootmaat- en afvalwater, Sebastian Husselmann, is daar ernstige waterskaarste by die Von Bachdam, wat net 11,3 persent vol is. Daar is ook net 18 persent waterbronne oor in die sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien…
8 May 11AM 1 min

Duitse klubs blink uit in Europa

Sokker: Duitse klubs lyk op die oomblik sterk. Borussia Dortmund is deur na die Kampioeneliga-eindstryd nadat hy Paris Saint-Germain geklop het. Hul teenstanders sal vanaand in Spanje bepaal word in die wedstryd tussen Bayern München en Real Madrid, wie se eerste halfeind-kragmeting 2-elk geëindig het. Intussen het Bayer Leverkusen een…
8 May 11AM 1 min

Vleispryse styg effe in April

Die nuutste vleispryse is vandeesweek bekend gemaak deur die Namibiese Landbou-unie. Leigh-Anne Nahoya, 'n landbou ekonoom van die unie, het 'n oorsig gegee aan Kosmos 94.1 Nuus oor wat verwag kan word. Die pryse het in April gestyg weens die bietjie reën wat geval het. Nahoya het meer inligting.
8 May 11AM 1 min