Brandstofpryse styg weer in Mei

--:--
Die ministerie van myne en energie het aangekondig dat die brandstofpryse weer gaan styg in Mei. Dit kom op die hakke van 'n groot verhoging in April. Petrol styg met 70 sent 'n liter en beide variante van diesel met 40 sent 'n liter. Dit tree op Donderdag, 2 Mei in werking. In Walvisbaai sal die petrolprys dan 23 Namibiese dollar per liter wees, 22 dollar 17 sent per liter vir diesel 50 dpm en 22 dollar 37 sent vir diesel 10 dpm per liter. Die ministerie se petroleum-ekonoom Salome Ngoshi verduidelik wat die verhoging genoodsaak het.
27 Apr 12AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

De Lille het lof vir toerisme-syfers, help met ekonomie

Die minister van Toerisme Patricia de Lille verwelkom die toename in internasionale besoekers en sê dit is 'n betekenisvolle bydraer tot die ekonomie en werkskepping. Volgens die jongste internasionale aankom-syfers vir Januarie tot Maart vanjaar was daar 2,4-miljoen besoekers, wat 'n toename van 15,4-persent is, vergeleke met die dieselfde tydperk…
8 May 3AM 1 min

Stubbs lei Delhi Capitals tot oorwinning

Die Protea-kolwer, Tristan Stubbs, het ʼn vinnige 41 gemoker vir die Delhi Capitals se ʼn 20-lopie-sege oor die Rajasthan Royals in hulle Indiese Premierliga-kragmeting. Rajasthan moes ʼn teiken van 222 haal, maar is tot 201 vir agt beperk. Die oorwinning hou Delhi se hoop lewendig om die uitspeelrondes te haal…
8 May 3AM 1 min

George: Soek en redding duur nog vir drie dae

Wes-Kaapse Rampbestuur sê almal wat nog vasgekeer is onder die puin van die ineengestorte verdiepinggebou in George, sal vir die volgende drie dae as lewend beskou word. Soek- en reddingspogings duur intussen voort. Sewe van die 75 konstruksiewerkers wat op die terrein was ten tyde van die ineenstorting, is dood,…
8 May 2AM 1 min

MTC sal help om misdaad in Whk te bekamp

Die Windhoek munisipale raad en MTC het 'n memorandum van verstandhouding onderteken wat sal meebring dat die twee partye meer tegnologie sal aanwend om misdaad in die stad te help bekamp. MTC sal steun verleen vir die Stad Windhoek se veilige stad-konsep in samewerking met die Stadspolisie, om kringtelevisie-toerusting en…
8 May 2AM 1 min

Borussia Dortmund haal eindstryd, eerste keer in 11 jaar

Borussia Dortmund is deur na hulle eerste Kampioeneliga-eindstryd sedert 2013 nadat hulle in die tweede deel van hulle halfeindronde-kragmeting met Paris Saint-Germain afgereken het. Mats Hummels se kopskoot in die tweede helfte het aan Dortmund ʼn een-nul-sege besorg met ʼn totale oorwinning van twee-nul. Die Duitse klub sal die eerste…
8 May 2AM 1 min