Nam-vroue kry minder kinders

--:--
Die geboortekoers van vrouens tussen die ouderdomme van 20 en 40 het gedaal vanaf 2018 tot 2021. Dit is volgens die tweede uitgawe die Namibië Statistieke-agentskap. Terwyl die redes hiervoor nie aangevoer word nie, word daar beaam dat daar beter toegang tot voorbehoedmiddels is, en dat kinders duur is, veral vir werkende families. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Halleluya Ndimulunde, 'n ekonoom by Simonis Storm, wat sê 'n dalende geboortekoers kan in die toekoms negatiewe effekte op die ekonomie hê.
26 Apr 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Voedselproduksie en politiek meng nie

Die leier van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, het onlangs kritiek uitgespreek oor die begroting vir groenskemas vir kleinskaalse boerdery wat gesny is. Volgens Venaani fokus die regering net daarop om kortsigtige beleide te implementeer, in plaas van om oplossings te kry vir voedseltekorte in die land. Die landbou-ministerie…
7 May 11PM 1 min

Ontwikkelaar van George-gebou bekend

Die George-munisipaliteit se burgemeester, Leon van Wyk, sê die ontwikkelaar NeoTrend Group sit agter die bou van die ineengestorte gebou in George. Die Wes-Kaapse regering deel voortdurend kommunikasie tussen reddingspanne en vasgekeerde werkers. Sewe-en-veertig werkers is steeds vasgekeer, 28 is gered en ses sterftes is bevestig. Reddingsoperasies strek oor drie…
7 May 11PM 1 min

DA in Vrystaat bekommerd oor regering wat nie plaasmoorde bekamp

Die DA in die Vrystaat sê die nasionale regering se versuim om plaasmoorde te bekamp kan nie net gewyt word aan maatskaplik-ekonomiese faktore nie. Die party se reaksie volg op die moord op 'n bejaarde boer en sy vrou op die plaas Rietfontein by Glen naby Bloemfontein. Die voorval volg…
7 May 11AM 1 min

Dupont gretig om Kampioenebeker met Toulouse te wen

Rugby: Die twee suksesvolste spanne in Europese klubrugby meet op 25 Mei in Londen kragte in die eindstryd van die Kampioenebekerkompetisie. Die Ierse span, Leinster, is deur na hulle agste eindstryd en gaan probeer om die rekord te ewenaar deur hulle vyfde Europese trofee te wen. Die Franse reus, Toulouse,…
7 May 11AM 1 min

Mobiele dierekliniek gaan van krag tot krag

Sedert die stigting van die mobiele dierekliniek in 2017 onder leiding van dr. Ian Baines, het 'n groot aantal diere gratis behandeling ontvang, veral vir sterilisasie. Dr. Baines staan ook die Have-a-Heart-stigting by. Kosmos 94.1 Nuus het by dr. Baines aangeklop oor waarmee sy spannetjie tans besig is.
7 May 10AM 1 min