OFM News, in touch with your world. Covering local and national news focusing on the Free State, Northern Cape, North West and the Vaal. See more: https://www.ofm.co.za/News
Minerale hulpbronne-minister en voormalige Vrystaatse landbou-LUR, Msebenzi Zwane, moet in Januarie weer antwoord oor staatskaping en Guptas; brandstofprysverhoging gaan vervoerkoste en goedere ook duurder maak; en ons gesels met die Vrystaatse geoloog, Gideon Groenewald, oor die water wat hulle vir Beaufort-Wes raakgeboor het.
AfriForum se streeksveiligheidskoördineerder in die Vrystaat, Noordwes en KwaZulu-Natal, Pieta Myburgh vertel van voorval waarin 'n gekaapte motor teruggevind is.
Koringskatting afwaarts aangepas; vooruitsigte lyk goed vir sojabone; en Gift of the Givers kry saam met Vrystaatse geoloog en boorspan water vir Beaufort-Wes se mense.
Hoëvlakkomitee sê landbou moet beter ondersteun word; goeie mielie-oes voorspel; en Gariepdam kry nuwe toerusting sodat die vrylating van water weer behoorlik gemeet kan word.
Agri SA sê hy verwelkom die aanbevelings van oudpres. Kgalema Motlanthe en hoëpaneel se verslag oor sleutelwetgewing van 1994 af; weerkenner sê die reën is op pad; en Graan SA se Jaco Minnaar sê boere is positief al het die goeie reën nog nie gekom nie en al is die…
Swak kredietgradering en geldeenheid is eintlik voordelig vir mielieboere; veediefstalverlies beloop waarskynlik meer as R2 miljard per jaar; en Brandfortse boere en weldoeners reik hand uit na honger kinders.
Voedselinflasie kan vir eers relatief laag bly; DA sê hy is bekommerd oor provinsie wat nie meer wildveiling hou nie en nou glo wild wil weggee; en boere bekommerd oor die reën wat nog nie gekom het nie.
Landbou kan 'n groot rol speel in die heropbou van Zimbabwe; reën sal hopelik in die volgende twee weke uitkoms bring; en Vrystaatse vroueboer voer nou haar wyn na China uit.
Dan Kriek gesels oor Agri SA se besluit om nie aan Saterdag se protes teen plaasaanvalle deel te neem nie; DA in Noordwes sê mense moet verantwoording doen oor wildskenking van miljoene rande; en Vrystaatse boere se hoop nou op reën.
DA-raadslid en waterkenner Rossouw Botes sê Bloemfonteiners moet gryswater spaarsamig gebruik.
21 Nov 2017 4AM
1 min
5360 – 5380
Agree to storing cookies on your device.
PreferencesAccept all
×
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.