Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,559 Episodes
1 – 20

Sterk markte vloei deur na PSG se winslyn

PSG Financial Services het vandag sy winssyfers vir die boekjaar tot einde Februarie aangekondig. Die wesensverdienste is 37% hoër en die dividend is met 25% verhoog. Francois Gouws, uitvoerende hoof van PSG Financial Services, gesels oor die resultate.
16 Apr 11AM 11 min

Familiebesighede kóók in Suid-Afrika

Herman Eksteen, leier van Suider-Afrikaanse familiebesighede by PwC South Africa, gesels oor Suid-Afrikaanse familiebesighede wat beter presteer as hul wêreldwye eweknieë.
16 Apr 11AM 7 min

Amerikaners is gierig

Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft Investment Partners, deel sy mening oor die markte en Tongaat Hulett se R200 miljoen-reddingsboei.
16 Apr 11AM 11 min

Welkome "gewone" dag op die JSE

Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, deel sy mening oor die markbewegings, Donald Trump se waarskuwing aan Jerome Powell, voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad, Mahindra se planne om sy bedrywighede in Suid-Afrika uit te brei, en ClearScore se hoofkwartier in Kaapstad.
15 Apr 11AM 7 min

Wat beteken SA se nuwe KI-beleid?

Ahmore Burger-Smidt, hoof van regulatoriese sake en direkteur van mededinging by Werksmans Prokureurs, verduidelik wat die nuwe KI-beleid behels.
14 Apr 11AM 6 min

Discovery se kliënte die gelukkigste in SA

Prof. Adré Schreuder, buitengewone professor en hoof van klante-ervaring aan die University of Pretoria, verduidelik hoe hulle die Bankkliënte-ervaring-indeks saamstel, hoe Discovery Bank die eerste plek behaal het, en hoe hulle lojaliteit teenoor handelsmerke meet.
13 Apr 11AM 9 min
1 – 20