Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,127 Episodes
1660 – 1680

Premier Foods-aandeelhouers kan beslis glimlag

Premier Foods het vandag winssyfers vir sy boekjaar tot einde September aangekondig, die omset was 3.7% hoër en die wins spring met 31%. Die groep se uitvoerende hoof, Kobus Gertenbach gesels oor die resultate.
12 Nov 2024 11AM 9 min

Raubex-wins spring

Die konstruksiemaatskappy Raubex het vandag sy winssyfers vir die ses maande tot einde Augustus aangekondig. Die omset was 30% hoër, en die wesensverdienste het met byna 50% gestyg. Dirk Lourens, die bedryfshoof van Raubex, gesels oor die resultate.
11 Nov 2024 10AM 9 min

Jou verkyker kan nou ook “sien” waarna jy kyk

Pieter Geldenhuys, toekomskundige en direkteur by die Instituut vir Tegnologie Strategie en Innovasie, verbonde aan die DaVinci-sakeskool, gesels oor die gebruik van kunsmatige intelligensie in verkykers.
11 Nov 2024 10AM 4 min

Die dollar klap die rand

André Cillers van TreasuryOne gesels oor die rand se verswakking, en Theo vorster van Galileo Capital bespreek PnP se planne om Boxer op die JSE te noteer.
11 Nov 2024 10AM 10 min

Wisselkoersprobleme kos Vodacom miljarde

Vodacom het vandag winssyfers vir sy boekjaar tot einde September bekend gemaak, die uitvoerende hoof, Shameel Joosub gesels oor die groep se resultate.
11 Nov 2024 10AM 7 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft Investment Partners en Elke Brink, direkteur en adviseur by PSG Route 21 beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
8 Nov 2024 10AM 17 min

Nedbank kyk na digitale kliëntediens

Gerrit van der Westhuizen, hoof van kliënte-ervaring by Nedbank, gesels oor hoe tendense die interaksie van kliënte met banke vorm.
8 Nov 2024 10AM 6 min

Van beleggings tot Jaguars

Die bekende beleggingskenner, Wayne McCurrie gesels oor sy aftrede, agtergrond, loopbaan, en wat hy doen om te ontspan.
7 Nov 2024 11AM 16 min
1660 – 1680