Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,453 Episodes
4960 – 4980

Die SAID registreer nou self mense vir belasting

Edward Kieswetter, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gesels oor hul inisiatief om self belastingbetalers te registeer en oor die program vir vrywillige openbaarmaking.
1 Dec 2022 11AM 9 min

Markoorsig

Mia Kruger van Kruger Internasionaal gesels oor die rand se reaksie, MTN en Turkcell en Murray & Roberts wat sy belang in Gautrain verkoop het.
1 Dec 2022 10AM 7 min

Gaan die president bedank en indien wel, wat gaan dan gebeur?

Prof Jannie Rossouw, professor by Wits Besigheidskool en Andre Cilliers, direkteur by Treasury One gesels oor of die president sal bedank, wat hierdie ontwikkeling beteken vir SA en oor wat hulle dink van die markte se reaksie vandag.
1 Dec 2022 10AM 16 min

Markoorsig

Johan Gouws, hoof van advies by Sasfin Wealth gesels oor die markte in November en Datatec se aandeelprys.
30 Nov 2022 11AM 4 min

Hou emosie uit jou beleggings

Jac de Wet, welvaartbestuurder by PSG Wealth gesels oor hoe om jou beleggings te beheer sonder emosies.
29 Nov 2022 11AM 7 min

Dis te nat in die Vrystaat om te saai

Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou gesels oor hoe erg die toestande nou is en of die reën reeds die oes in die huidige seisoen benadeel het.
29 Nov 2022 11AM 3 min

Daar is kopers vir nuwe huise

Mariena Cloete, streeksverkoopsbestuurder by Ooba gesels oor waarom die nuwe ontwikkelinge so gesog is en oor die top drie gewilde plekke in die land.
29 Nov 2022 11AM 6 min

Markoorsig

Chantel Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investment gesels oor wat in die markte gebeur het vandag en aandele wat uitgestaan het.
29 Nov 2022 11AM 6 min

Werkloosheid is minder in die 3de kwartaal

Johann van Tonder, ekonoom vir finansiële welstand by Momentum gesels oor wat verander het in die derde kwartaal en of dit 'n teken is dat die ekonomie herstel.
29 Nov 2022 11AM 5 min
4960 – 4980