Aangebied deur Wits University Press Harry wou ’n toneelstuk skryf wat mense roer soos net teater kan. Maar dit het eers roerend lewe gekry ná sy geprekke met mense na aan Bram, soos struggle- aktivis en Rivonia-beskuldigde Denis Goldberg, die vriend in wie se arms Bram die laaste twee nagte in…
Die Stormberge is armer ná die afsterwe verlede jaar van die fier rooikopskrywer Margaret Bakkes, niggie van skryfgenoot Hennie Aucamp. Twee van haar seuns, die reisskrywer en pelgrim Johan Bakkes en Marius, ’n joernalis, en vriendin Reneé Conradie onthou die ma agter die skrywer, wat ondanks vier robuuste kinders in…
Deon Meyer (Koors, Ikarus), Mike Nicol (Staatsrotte/Agents of the State) and acclaimed Nigerian crime writer Leye Adenle (Easy Motion Tourist, Lady Lagos) chat to Thys Human about the roles their home towns play in plotting their crime.
Moontlik gemaak deur die Kaapse Forum van Neerlandistiek en Nederlandse Taalunie Berbers, Indies, Arubaans ... soveel kulture, soveel invloede. Wat is die impak daarvan op die Nederlandse taal en hoe vergelyk dit met Afrikaans? Digter Alfred Schaffer, self van Arubaans- Nederlandse afkoms, gesels met die Amsterdamse skrywer Abdelkader Benali, wat in…
Aangebied deur Kraal Uitgewers Nonnie was méér as net die vrou van genl. Koos de Rey. Sy was vreesloos in haar oortuigings. Tydens die Boereoorlog het sy ’n swerwersbestaan verkies bo oorgawe aan die Engelse. Fransjohan Pretorius en Dioneé Prinsloo van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gesels met…
Medical doctor Anastacia Tomson discusses transgendered identities with photographer Robert Hamblin and opens up about her courageous account of embracing her own truth – as the woman she has always been.
Aangebied deur NB-Uitgewers Dis die 80’s, Johannesburg. Adriana de Klerk is 18. Haar pa, wat geld vir die ANC ingesamel het, is doodgeskiet en die Veiligheidspolisie staan voor haar deur. Ronel Nel gesels met Irma oor haar vyfde S-misdaadroman en haar hoofkarakter, wat uiteindelik in Berlyn haar talent om messe…
Aangebied deur LAPA Uitgewers Hedendaagse feministe staan nie vir mans terug nie; tog is hulle skaamteloos vrou. Die moderne heldinne in Afrikaanse fiksie weet wat hulle wil hê, en dit is nié om man te wees nie. Sophia Kapp lei die gesprek.
Aangebied deur NB-Uitgewers Marié gesels met Amanda Botha oor die vroeë lewe van die beeldhouer Bernini terwyl sy besonderse beeldmateriaal uit haar navorsing vir Maestro deel. Sy beskryf Rome in die 1600’s, vertel hoe korrup die Kerk was, maar tog so toegeeflik teenoor sy kunstenaars, en hoe Bernini sy stem…
Aangebied deur LAPA Uitgewers Dié bekende RSG-aanbieder se versameling sketse gaan oor die bisarre tot skreeusnaakse dinge wat soms agter die strak gesig van die reg plaasvind. Sélf ’n regsgeleerder in die strafhof weet misdaadskrywer Dibi Breytenbach waarvan hy praat, en deel sy ook ’n paar staaltjies.
Dié reël kom uit Lionel Shriver se toespraak by Brisbane se skrywersfees verlede jaar. Sy het die vraagstuk ondersoek of skrywers in ander kulture se skoene kan klim, en haar praatjie gelewer met ’n sombrero op haar kop. John Miles, Darryl David, Sylvia Vollenhoven en Jolyn Phillips gesels met Bettina Wyngaard…
Aangebied deur Naledi In Sulamiet is Lina aan die woord by monde van die Sulamitiese geliefde van Salomo in ‘Hooglied’. Naas erotiek word die aardse paradys herstel deur alle vorme van die liefde. Lina gesels met Andries Visagie oor Jesus as rabbi wat ons leer om te leef, terwyl die…
Aangebied deur Penguin Random House Die gelyknamige RSG-program wil die wêreld minder vreemd maak, en dít doen hulle al 37 jaar lank! Met die boek op die rak word al die interessantste vrae en antwoorde nou byeengebring.
Aangebied deur LAPA Uitgewers Amor van der Westhuyzen se ma was Joey Haarhoff – dié Joey wat saam met pedofiel Gert van Rooyen 6 meisies in die 80’s ontvoer en ’n koeëldood gesterf het tydens ’n polisiejaagtog. Carla het Amor se storie gedokumenteer in Mishandel, misbruik, misken. Die twee vroue…
Filosoof Johann Rossouw ondersoek aan die hand van 5 van Karel Schoeman se latere romans hoe die voormoderne wêreld (tradisie) waaruit die moderne wêreld gebore is, dit wat in die moderne wêreld skeefgeloop het, kan regstel.
Aangebied deur LAPA Uitgewers Sy spanningsverhaal – oor ’n ontvoerder en verkragter – is as grensverskuiwend beskryf. Dit is ’n verhaal waarin Martin die leser saamneem op die lang pad van heling wat vir ’n verkragtingslagoffer voorlê en waarvoor hy intensief, en dikwels met vrouelesers as klankbord, navorsing gedoen het. Jono…
Presented by Penguin Random House One of South Africa’s most popular and highly respected historians reflects on a career spanning 4 decades. Naomi Meyer probes Bill about a life steeped in South Africa’s past and touches on a variety of topics that are close to his heart, such as the…
From time travelling to crime, comics to short stories, Lauren Beukes talks about storytelling, the strange places her research has taken her, and putting a twist on reality to get at the big issues.
Aangebied deur LAPA Uitgewers Drie bekroonde jeugskrywers; drie splinternuwe, grensverskuiwende tienerboeke. Mia Oosthuizen gesels met die wenners van LAPA se jeugromankompetisie oor die uitdagings van ’n genre waarvan die lesers voortdurend verander en skrywers moet tred hou met sosiale onderstromings om in pas te bly.
Aangebied deur LAPA Uitgewers Hans se Tussen die klippe en Ronel se Pelgrimshoop vra altwee waar die streep tussen die reg en waarheid nou eintlik lê. Sophia Kapp vra die skrywers uit oor hulle lekkerleesromans wat terselfdertyd morele kwessies opper.
8 Mar 2017
48 min
20 – 40
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.