Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
982 Episodes
60 – 80

Niks keer ‘Die Brug’ se Iana

Sy erken dat sy geskok was toe Robert, wat uiteindelik as wenner oor die brug gestap het, besluit het om eerder nie sy wengeld met die res van die deelnemers te deel nie.
1 Feb 7 min

Bid vir Jemen

Dit bly uiters gevaarlik om ʼn volgeling van Jesus in Jemen te wees. Volgens Elizabeth Botha, mediabeampte van Geopende Deure Suider-Afrika, beklee Jemen tans die vyfde posisie op Geopende Deure se 2024 Wêreldwaarnemingslys wat op 17 Januarie uitgereik is. Sy gee die getuienis van Saleh*, ʼn Christen in Jemen. Hy…
29 Jan 13 min

Groot FM-duo praat oor liefde vir klankgolwe

Getroue luisteraars van dié gemeenskapsradiostasie is al teen die tyd vertroud met die stemme van die twee omroepers wat weeksoggende verkeer op pad werk toe ligter maak.
18 Jan 24 min

Musiek, klankbane is Wesley West se kos

Wesley West is as musikant en liedjieskrywer besig om al dieper wortel te skiet in die Suid-Afrikaanse musiek- en rolprentbedryf. Leonie Bezuidenhout van Maroela Media het met hom oor sy liefde vir rolprentmusiek gesels.
12 Jan 20 min

Stigting wil onderwysers vereer

“Hierdie kompetisie is ʼn geleentheid wat ons vir kinders skep om te sê ‘my Juffrou of Meneer is die beste.’”
18 Dec 2023 9 min

Raad vir angstige gr. 1-ouers

“Tel jou kind op jou skoot, lees ʼn lekker storieboek. Moenie jou kind probeer klanke leer nie – dit is Juffrou se werk. Maak hulle net lus om te wil leer lees.”
14 Dec 2023 14 min

Hoe lyk pad na soberheid?

“Daar is ʼn magdom mense wat alkoholafhanklikheid oorkom het en ʼn lewe van soberheid lei.”
11 Dec 2023 7 min
60 – 80