Klipkouers

Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensraad te ontgin.
Weekly Afrikaans South Africa Business
72 Episodes
56 – 72

Dr Jacques Faul

Jacques is die CEO van Titans Cricket en in my opinie, die suksesvolste sport CEO in SA op die oomblik. Kom luister hoe die besigheid van krieket werk en hoe Jacques dink en doen. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.
4 Jul 2018 43 min

Jaco Gerrits

Hierdie man is ver voor sy tyd en 'n massiewe aanwins vir entrepreneurskap in Suid-Afrika. Een van sy baie suksesvolle besighede is Crashdetech, wat gelei het daartoe dat hy aangewys was as Sosiale Entrepreneur 2016. Verder is hy ook 'n model en Ambassadeur vir Biogen...brains en 'n sixpack! Hierdie episode…
27 Jun 2018 1 hr 12 min

Willim Welsyn

Willim is ‘n mede Potgooi Pionier wat onlangs geskiedenis gemaak het toe sy potsending, WAT, ‘n ATKV- mediaveertjie gewen het. Dis die eerste keer ooit dat ‘n onafhanklike potsending die toekenning wen WAT histories net vir radio omroepers beskore was. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.
20 Jun 2018 1 hr 28 min

Deonne le Roux

Deonne le Roux het die Old Mutual National Retail Revolution toekenning vanaf 2002 al agt keer gewen vir sy juwelierswinkel. Ons praat veral oor hoe belangrik kompetisie vir enige besigheid is en wat met sy besigheid gebeur het toe hy die meeste van sy kompetisie se deure toegemaak het. Fassinerende…
13 Jun 2018 1 hr 10 min

Leilani Kuter

Leilani se positiewe energie en houding is aansteeklik! Haar nuutste besigheid, Date Night SA, het al amper 200,000 Facebook volgelinge. Kom luister hoe alles begin het en meer belangrik, hoe sy die wêreld 'n beter plek maak vir elke R1 wat sy verdien. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons…
6 Jun 2018 1 hr 15 min

Francois van Niekerk

Die biljoenêr wat nie een is nie. My belangrikste en kragtigste onderhoud nog. Francois is die stigter van die Mertech Groep wat bestaan uit 200 maatskappye en die Mergon Foundation wat elke jaar meer as R100 miljoen aan Christen liefdadigheidsorganisasies skenk. Hy is oa die mede-stigter van die Atterbury Groep…
30 May 2018 2 hr 05 min

Helmi Müller

Helmi is die stigter en CEO van Blackland Industries wat fokus op die ontwikkeling van premier huise...huise van so R30 miljoen! Sy entrepreneuriese reis is 'n inspirerende storie van laagte punte, 'n kleintyd vriend wat aansluit en natuurlik hulle volgehoue ontwikkeling en suksesse. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons…
23 May 2018 35 min

Julie Venter

Sekerlik een van my gunsteling onderhoude hierdie jaar. Ons gesels bietjie koffie. Kom hoor hoe sy haar mobile koffiebesigheid begin het. Asook die krag van ‘n selfbetalende bemarkingstrategie. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.
16 May 2018 46 min

Charl Oberholzer

Kom luister hoe Charl sy natuurlike kreatiwiteit gefokus het ten einde sy eerste T-hemp handelsmerk, De Afrikander, te omskep in ‘n suksesvolle kleinhandel winkel, De Afrikander Handelshuis, wat gefokus is op die internasionale toerismebedryf. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.
9 May 2018 35 min

Bernie van Niekerk

Ek sal heeldag lank met hierdie interessante man kan gesels. Bernie is die stigter en CEO van Commerce Edge en ‘n e-Procurement pionier. Hulle is die grootste speler wanneer dit by opleiding, publikasie en konferensies kom, aangaande Aankope en Aankopers. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.
2 May 2018 54 min

Ettiene Pretorius

Ettiene Pretorius is ‘n baie suksesvolle en unieke entrepreneur, met vars en soms kontroversiële idees. Min mense kan egter spog dat hulle al twee keer deur Richard Branson genooi is om tyd te spandeer op sy eiland, Necker. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.
25 Apr 2018 1 hr 10 min

Gareth Cliff

Gareth Cliff het ‘n Afrikaner bloedlyn wat die meeste Afrikaners jaloers sal laat bv. Piet Retief en die vader van Afrikaans, Gustav Preller. Luister na hierdie baie interessante onderhoud, veral ons gesprek oor die stand en toekoms van Potgooie. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg
18 Apr 2018 59 min

Die manne van EXAH

EXAH is nie net ons nuwe borg nie, maar ook deskundiges wat huidiglik groot besighede se prosesse en sisteme drasties verbeter, wat lei tot 30% PLUS groei vir die betrokke besighede. Kom luister hoe doen hulle dit. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH
11 Apr 2018 1 hour

Theo Vorster

TV aanbieder, spreker en uitvoerende hoof van Galileo Capital, Theo Vorster, gesels met my oor die mites van Swart Ekonomiese Bemagtiging en veral die groei geleenthede wat dit Afrikaanse besighede bied. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.
4 Apr 2018 32 min

Portchie Viljoen

Portchie is ons eie Afrikaner Picasso. ‘n Vrystaat seun met ‘n sterk entrepreneuriese agtergrond. Kom luister bietjie hoe die besigheid van kuns werk. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.
28 Mar 2018 56 min

Klipkouers en CliffCentral

Uiteindelik is die Klipkouers wiel weer ernstig aan die rol, maar hierdie keer vanaf die CliffCentral ateljee in Sandton! Kom luister bietjie wat aan die gebeur is en waarheen ons oppad is! Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.
28 Mar 2018 12 min
56 – 72