#HoeNou?!

#HoeNou?! is 'n insiggewende oudioreeks wat allerlei alledaagse name, gebruike, kosse en dinge op 'n pittige manier ondersoek en verduidelik waar dit vandaan kom. Die reeks word ontwikkel en aangebied deur Su-an Müller-Marais (bekende radio- en TV-aanbieder) en Gerhard van Huyssteen (professor in taaltegnologie en Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit). Die reeks word moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van Afrikaans.com en word tegnies versorg en versprei deur Maroela Media. Weeklikse episodes word op verskeie streekradiostasies uitgesaai en is beskikbaar op Afrikaans.com, Maroela Media en HoeNou.co.za.
Weekly Afrikaans South Africa Education
52 Episodes
40 – 52

Om te lieg soos ’n almanak

Weet jy hoe vertaal ons “like a bull in a China shop” in Afrikaans? Of wat dit beteken as iemand vir jou sê jou Saterdag is langer as jou Sondag? Of hoekom sê ons iemand lieg soos ʼn almanak? Op Afrikaans.com se webwerf is pragtige visuele uitbeeldings van 'n hand…
21 May 2021 12 min

Oor kerrievis en paasbolletjies

Herfstyd in Suid-Afrika bring eiesoortige geregte na ons tafels: gestoofde kwepers en vla; ligte soppe met seisoenale sampioene; konyn- of wildsvoëlpasteie. Dit is ook ʼn tyd wat veral geassosieer word met ingelegde kerrievis, maar wêreldwyd ook met paasbolletjies. Su-an en Gerhard gesels oor waar dié twee geregte vandaan kom.
14 May 2021 12 min

Oor die bekendste “star-crossed lovers” ooit

Die liefde is nie altyd maanskyn en rose nie, soos die vele verhale van gedoemde paartjies in die literatuur getuig: Romeo en Juliet, Lancelot en Guinevere, Tristan en Isolde, en Mark Anthony en Cleopatra. Su-an en Gerhard praat oor waar die uitdrukking “star-crossed lovers” vandaan kom, en hoe ons vandag…
7 May 2021 14 min

Wie was Don Juan en Casanova?

Daar is baie Afrikaanse woorde vir mans wat rokjagters is, soos “casanova”, “don juan”, “gigolo”, “pierewaaier” en “haantjie”. Maar wat noem ons die vroulike teenhanger van ʼn rokjagter? Su-an en Gerhard gesels oor die herkoms van al hierdie woorde en soek saam-saam na ʼn geslagsneutrale term.
30 Apr 2021 13 min

Oor die bekendste en oudste liefdesverhale ooit

Eendag, lank, lank gelede, het iemand vir die eerste keer ʼn liefdesprokie geskryf. Raai watter een was dit?! Die Slapende Skoonheid, Sneeuwitjie, Aspoestertjie ...? Watter een is jou gunsteling? Su-an en Gerhard gesels oor die oudste liefdesverhaal wat al die meeste kere in die geskiedenis opgeteken is.
23 Apr 2021 12 min

Dink jy met jou kop of jou hart?

Voel ʼn mens liefde en ander emosies in jou hart of in jou brein? Logika sê vir ons dit móét in ons breine wees, maar hoekom sê jy dan jou hart is séér? Su-an en Gerhard gesels oor waar die idee vandaan kom dat ons emosies – en veral die…
16 Apr 2021 11 min

Waar kom jogurt en maaskaas vandaan?

Melk en melkprodukte is deel van baie mense se stapelvoedsel – van botter en jogurt, tot al die verskillende soorte kaas. Maar weet jy wat die verskil tussen joghurt en kaas is, hoe waardevol wy is, of dat die woord “maaskaas” deels van Zoeloe af kom? En dan het ons…
9 Apr 2021 12 min

Wie was Jan en Jack?

Hoeveel uitdrukkings ken jy met die woord “Jan” of “Jack” in? Waarom kom hierdie name só gereeld as woorde en idiome voor in ons taal en kultuur? Su-an en Gerhard gesels oor wie dié Jan en Jack nou eintlik was en kom agter die herkoms gaan ver terug in die…
2 Apr 2021 11 min

Oor die woorde "herfs" en "lente"

Al ooit gewonder waar kom die name “herfs” en “lente” vandaan? Dink jy dit het dieselfde herkoms as “autumn” en “spring”? Kom vind uit wat seisoenname met die kerk en wyn te make het, en raak saam met Gerhard en Su-an nostalgies oor die belangrike rol van seisoensveranderinge.
26 Mar 2021 10 min

Om iemand 'n toffie te druk

Ons almal ken toffies, maar dié arme lekkerny het iewers in die geskiedenis ʼn negatiewe konnotasie gekry. Sommige mense dink die sogenaamde toffieteken is erg aanstootlik, terwyl ander dit heel neutraal en onskuldig vind. Su-an en Gerhard speur die oorsprong van die handgebaar na en ondersoek die verskillende wyses waarop…
19 Mar 2021 12 min

Waar kom toffies vandaan?

Toffie (ook bekend as tameletjie) is ʼn lekkerny wat bekend is in elke Suid-Afrikaanse huis. Maar wanneer het mense vir die eerste keer toffies begin maak? Su-an en Gerhard gesels oor die herkoms van toffie en wat die verskil is tussen toffie en tameletjie. Bring jou koffie, gryp ʼn toffie,…
12 Mar 2021 11 min

Hoekom hou ons duim vas?

Het jy geweet die Engelse het “hold thumbs” direk uit Afrikaans geleen en nie andersom nie?! Al ooit gewonder waarom duimvashou ʼn simbool vir voorspoed is? Su-an en Gerhard gesels oor die verskille en ooreenkomste tussen "duim vashou", “hold thumbs” en "cross your fingers".
5 Mar 2021 9 min
40 – 52