Maroela Media Katbosbult

Katbosbult

Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markte het ‘n ongekende honger daarvoor. En midde in die armoede op die dorp word die steel van die vetplante ‘n plaag waarmee sersant Jakes Johnson nie meer kan tred hou nie. Dis veral weduwee Chrissie Celliers op haar plaas Halfmens, wat deurloop.

Katbosbult is ‘n mikrokosmos van Suid-Afrika. Daar is diegene met edele harte en opregte pogings om die gemeenskap op te hef. Maar midde-in die armoede en ellende gedy die misdaad, die afguns en die geskinder op die dorp.

Ván die akteurs wat rolle vertolk, het reeds die afgelope jare geliefd geword by die luisteraars: Ria Smit, Anton Dekker, Antowan Nöthling, Stefan Vermaak en Izel Bezuidenhout. Twee nuwelinge maak hul buiging in die reeks: Kaz McFadden en Rika Nieuwoudt.

Bettie Kemp speel self ook ‘n rol en is die vervaardiger van Katbosbult, ‘n 120 episode lekkerluister verhaal met spanning, humor en intrige, geskryf deur Joe Kleinhans.
Afrikaans South Africa Drama
121 Episodes
40 – 60

Katbosbult – Episode 40

Reggie kry ʼn groot verrassing in die gimnasium. Eppo besluit dis tyd vir ʼn openhartige gesprek met Reggie. Hy besef maar alte goed hy moet die groot olifant in sy kantoor aanspreek. Dit help nie hy loop ompaaie om die waarheid nie.
Season 1 / Episode 40 10 min

Katbosbult – Episode 41

Shirley word weer gevat om ʼn plaas te besigtig. Daar’s ʼn wending in haar soeke na geskikte grond vir haar aalwynboerdery. Die dorpsplein beleef ʼn vuurwarm woordewisseling. Sersant Johnson se aand word die ene avontuur wanneer ʼn verdagte persoon verby hom jaag.
Season 1 / Episode 41 11 min

Katbosbult – Episode 42

Sersant Johnson se groot avontuur in Rolbos het ernstige gevolge. Die vraag is of die Sersant ʼn les geleer het, of spoor die insident hom juis aan tot groter aksie? ʼn Pannekoekstalletjie voor die winkelkompleks maak opslae. Dis nie ʼn gewone pannekoekstalletjie nie.
Season 1 / Episode 42 10 min

Katbosbult – Episode 43

Katbosbult is in rep en roer. Almal help soek na die vermiste Sersant Johnson. Chrissie maak vuur onder almal sover sy gaan. Sy is nie die enigste een nie. Terwyl Reggie saam met Eppo die aand braai, lui haar foon … en skokkende nuus volg.
Season 1 / Episode 43 9 min

Katbosbult – Episode 44

Shirley is intens betrokke by die soektog na die vermiste Sersant Johnson. Dinge is aan die gebeur in Katbosbult: ʼn Bekende dorpswinkel se naam word verander … en hoekom eet ʼn bekende dorpenaar vanaand alleen in die Katbosbult Restaurant?
Season 1 / Episode 44 10 min

Katbosbult – Episode 45

Nog ʼn persoon word in die dorp vermis. Sersant Johnson word van Rolbos na die Katbosbult Hospitaal oorgeplaas. Shirley doen moeite om uit te vind wat met hom gebeur het, met ʼn rede. ʼn Ligte Cessna-vliegtuig maak amok in die dorp.
Season 1 / Episode 45 10 min

Katbosbult – Episode 46

Dokter Pieterse maak amok met sy Cessna. Dit lyk of hy tot groot ontsteltenis van die dorp se inwoners, oral in ʼn huis of gebou gaan vasvlieg. Leonardo en Shirley agtervolg hom so goed, hulle kan kaptein Nkosi op hoogte van die chaos hou. Een drama loop uit op ʼn…
Season 1 / Episode 46 10 min

Katbosbult – Episode 47

Jasper Jonker maak sy opwagting in Katbosbult op ‘Katbosnuus’ se voorblad. Hy is die aantreklike nuwe, jong assistent-bestuurder van die Katbosbult Restaurant. Leonardo betoon geen genade nie; hy gooi Jasper in die diep kant in en werk sy gal vir hom. En toe lees Leonardo sommer vir Jasper se ma…
Season 1 / Episode 47 11 min

Katbosbult – Episode 48

Jasper se paaie kruis met dié van Reggie en Monique. Reggie is sag op sy oog. Dis of Monique skoon uit karakter optree net om naby die nuwe held van Katbosbult te kom. En dan is daar natuurlik die alomteenwoordige joernalis met die ekstra kort rokkie wat altyd nóg ʼn…
Season 1 / Episode 48 11 min

Katbosbult – Episode 49

ʼn Staalkas in ʼn skuur op Halfmens het Chrissie skielik aan die skarrel. Gelukkig staan Simon Slotmaker se hande vir niks verkeerd nie. In sersant Johnson se afwesigheid tree ʼn nuwe kampvegter vir hom na vore wat goed na sy belange omsien.
Season 1 / Episode 49 11 min

Katbosbult – Episode 50

Shirley neem ʼn belangrike besluit waarna daar nie meer omdraaikans is vir haar nie. Haar drome oor haar aalwynboerdery kry gestalte. Wat beplan sy alles en wie help haar fluks daarmee? Daar is ʼn belangrike wending in die saak teen sersant Johnson.
Season 1 / Episode 50 10 min

Katbosbult – Episode 51

Daar is ʼn rits gebeure op Halfmens met belangrike gevolge. Sersant Johnson se bakkie is nie meer op Chrissie se plaas nie – wat die dorpenaars aan die raai het. Dié chaos draai later in die polisie se aanklagkantoor.
Season 1 / Episode 51 11 min

Katbosbult – Episode 52

Die dag toe sersant Johnson se bakkie by Halfmens se groothek uitry, bly Chrissie helder voor die gees. Sy onthou duidelik ʼn man met ʼn meswond oor sy regterwang agter die stuurwiel. Iewers is ʼn bedrogspul en dit vreet aan Chrissie. Is dit waarom sy skielik op ʼn missie is?
Season 1 / Episode 52 10 min

Katbosbult – Episode 53

Reggie beleef ʼn dol dag. Sy kry meer as een uitnodiging. Die eerste uitnodiging loop uit op ʼn katastrofe. Dan ontvang sy boonop besoek van iemand en die daaropvolgende gesprek gooi haar lelik.
Season 1 / Episode 53 10 min

Katbosbult – Episode 54

Waarheen het Shirley verdwyn en hoekom? Die gebeure wat rondom ʼn bakkie op Halfmens afgespeel het, se nadraai is nog lank nie verby nie. Trouens, dit lyk of dit kleintjies kry. Wat is die jongste terugslag wat Chrissie tref?
Season 1 / Episode 54 11 min

Katbosbult – Episode 55

Jasper en Reggie ry deur Oudtshoorn toe vir ʼn uitstappie, maar dit verloop nie heeltemal soos Jasper dit – met al sy goeie bedoelings – beplan het nie. Daar’s ʼn lastige vlieg in die salf.
Season 1 / Episode 55 10 min

Katbosbult – Episode 56

Monique is op ʼn nuwe missie. Jasper kry onverwags ʼn aanbod wat hy ernstig moet oorweeg. Die Katbosbult Restaurant beleef drama soos nog nooit tevore nie. En soos gewoonlik verskyn die joernalis met haar ekstra kort rokkie weer op die toneel.
Season 1 / Episode 56 10 min

Katbosbult – Episode 57

Chrissie se verkiesingsveldtog verloop kookwater. Soveel so, dat Monique bekommerd raak. Brian Barkley maak ʼn interessante skuif. ʼn Blou koevert word opgetel wat vrae in die Shirley Sinfieldkamp laat ontstaan.
Season 1 / Episode 57 11 min

Katbosbult – Episode 58

Reggie en Jasper geniet ʼn heerlike naweek wat Reggie hierdie keer aanvoor. Dis spesiaal só beplan dat ʼn adrenalienjunkie soos hy hom gate uit kan geniet. Maar ongelukkig is alles nie rosegeur en maanskyn nie.
Season 1 / Episode 58 11 min

Katbosbult – Episode 59

Reggie kry hulp waarvoor sy baie dankbaar is. Die dorp is opgewonde want môre is dit uiteindelik die lankverwagte tussentydse verkiesing vir ʼn pos op die dorpsraad tussen Chrissie en Shirley. Monique is erg bekommerd. Ná hul gesprek is Reggie net so bekommerd.
Season 1 / Episode 59 11 min
40 – 60