MaxMedia Klipkouers

Klipkouers

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte en strategieë vir mense wat groter wil dink en beter wil doen.
Weekly Afrikaans South Africa Business · Marketing
336 Episodes
120 – 140

Episode 135: Gerda van Schalkwyk

Gerda van Schalkwyk, sjarmante eienares van die Isigidi Group, het oor die jare voortdurend nuwe vaardighede aangeleer. Dit het haar in staat gestel om gereeld te diversifiseer - soos dit ‘n ware entrepreneur betaam. Nadat sy aanvanklik as ‘n skoonheidsdeskundige opgelei was en uiteindelik haar eie salon vanuit die huis…
4 Jun 2021 1 hr 24 min

Episode 134: Prof. De Wet Swanepoel

De Wet Swanepoel het homself nie alleen die afgelope paar dekades onderskei as ‘n vooraanstaande kundige op die gebied van oudiologie nie, maar sy ondernemingsinstinkte het een van die wêreld se suksesvolste digitale gehoor-gesondheidsondernemings tot gevolg gehad. De Wet, ‘n Professor in oudiologie aan Tuks, is die stigter en wetenskaplike…
17 May 2021 1 hr 27 min

Episode 133: Johan Badenhorst

Suid-Afrikaners is die afgelope dekade reeds vertroud met en versot op Voetspore, die reeks van reisdokumentêre programme op SABC 2. Dit het Johan Badenhorst gevestig as ‘n huishoudelike naam in menige sitkamers regoor die land, vanweë die epiese togte wat hy sedert 2000 onderneem het regdeur Afrika en verder -…
26 Apr 2021 1 hr 25 min

Episode 132: Roland van der Walt

Om entrepreneurskap, tegnologie en bemarking byeen te bring is Roland van der Walt se kos. Hy is passievol daaroor om voortdurend nuwe oplossings te vind vir die wêreld se immer-ontwikkelende vraagstukke. Met meer as twee dekades se ervaring in bemarking en verkope, waarvan ‘n hele paar jaar oorsee, dien en…
29 Mar 2021 53 min

Episode 131: Neels Grieshaber

Neels Grieshaber is nie alleen ‘n suksesvolle boer van die Ellisras-distrik in die Bosveld nie. Hy is ook ‘n entrepreneur by uitnemendheid. Neels is die baasbrein agter die bekroonde alles-in-een klamptang, Magi-Clamp, wat ontwerp, ontwikkel en vervaardig is om draadklampe effektief vas te maak op enige pyp of spuitslang of…
22 Jan 2021 1 hr 19 min

Klipkouers - ‘n Kersfees 2020 boodskap deur Jacques Basson

En daar is "Covid 2020" op sy rug! Dit is vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar besigheids- en persoonlike hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters – ek wens jou en jou geliefdes ‘n geseënde Kersfees en ‘n baie suksesvolle 2021…
24 Dec 2020 19 min

Episode 130: Morné Basson

Morné Basson is die verpersoonliking van ‘n ‘Klipkouer'. En, die ideale persoon om 72km/dag fiets te trap vir 72 opeenvolgende dae. Dit doen Morné ter ondersteuning van The Character Company, wat mentorskap aanbied vir jong seuns wat grootword met ‘n afwesige pa. Morné is ‘n merkwaardige langasem, en het al…
3 Dec 2020 1 hr 23 min

Episode 129: Corbèr Viljoen

Corbèr Viljoen het sy lewe lank ‘n absolute passie vir klassieke motors. Toe hy in standerd ses was het sy entrepreneur pa reeds vir hom ‘n Ford Fairlane gekoop. En, hoewel sy ma wou gehad het dat hy ‘n vlieënier moes word, het sy passie vir ou karre uiteindelik die…
10 Nov 2020 1 hr 05 min

Episode 128: Kallie Carlsen

The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van…
6 Oct 2020 1 hr 21 min

Mini-reeks Eps 5: Samesmeltings en Oornames

Met soveel ondernemings wat moontlik skipbreuk kan ly gedurende COVID-19, verkeer heelwat eienaars moontlik onder die wanindruk dat hulle eenvoudig hul deure moet sluit. Daar is egter alternatiewe opsies. Arno Jansen van Vuuren van STRATLAW gesels met my oor Samesmeltings en Oornames, oftewel ‘Mergers and Acquisitions’, as groeistrategieë of oorlewingstrategieë…
16 Sep 2020 21 min

Episode 127: Theo Prinsloo

Theo Prinsloo staan, saam met sy ou skoolvriend Johan Swarts, aan die stuur van GuanoBoost, ‘n innoverende maatskappy wat ‘n alles-in-een, 100% organiese kunsmisproduk aan boere voorsien. GuanoBoost word vervaardig van Namibiese guano (voëlmis) wat, met ‘n stikstoftelling van N16.5%, die hoogste konsentraat ryk, natuurlike messtof in die wêreld bevat…
14 Aug 2020 56 min

Mini-reeks Eps 4: Afleggings en onderhandelingsprosedure

Die COVID-19-pandemie het die arbeidsmark op sy kop gekeer, met die wankelrige ekonomie wat oral noodgedwonge afleggings tot gevolg het. Edward Coleman van Stratlaw regsadviseurs is ‘n kenner op die gebied van die arbeidswet, en bespreek ‘n aantal noodsaaklike aspekte rondom afleggings en die onderhandelingsprosedure wat gevolg behoort te word…
24 Jul 2020 19 min

Episode 126: Leonie Marques

Met ‘n agtergrond in boekhou, het Leonie Marques aanvanklik by die Ontvanger van Inkomste gewerk, en ook sowat 40 maatskappye se boeke van die huis af behartig. Daarna het sy ‘n ander koers ingeslaan deur ‘n tuindiens-besigheid te koop, wat sy van 100 na 300 tuine per maand uitgebrei het…
15 Jul 2020 35 min

Mini-reeks Eps 3: Nakoming van Vlak 3 Covid-19 regulasies in die werksplek

Ek gesels met Sasha-Leigh Burggraaf van Stratlaw oor: - Wie mag of mag nie terugkeur werk toe nie. - Watter stappe moet geneem word deur werkgewers ten einde die werksplek voor te berei. - Wat moet die Moniteeringsbeampte doen. - Wat moet alles bevat word in die infaseerings plan vir…
4 Jun 2020 20 min

Episode 125: Sarel du Plessis

Sarel du Plessis kan met reg beskryf word as ‘n ghoeroe van die Suid-Afrikaanse media- en bemarkingsbedryf. Met 32 jaar ervaring in die advertensiewese, bemarkingsaangeleenthede en die drukkers- en uitgewersbedryf, weet hierdie 64-jarige boorling van Edenvale so ‘ietsie’ van die media-industrie, en dra hy ook eerstehandse kennis van krisistye in…
21 May 2020 1 hr 30 min

Episode 124: Mike Bolhuis

Misdaad is buite beheer. En, hoe dan anders, met statistieke wat dui op ‘n gemiddeld van 57 moorde per dag, ‘n roofaanval elke paar minute en ‘n verkragting elke vier minute... Dankie tog vir my jongste gas, Mike Bolhuis, wat dit as sy roeping sien om misdaad met hand en…
22 Apr 2020 1 hr 19 min

Mini-reeks Eps 2 : UIF: COVID-19 -bystandsfonds

UIF: COVID-19 -bystandsfonds aansoeke kan slegs gedoen word gedurende die "lockdown" periode. Ek gesels met Arno Jansen Van Vuuren van Stratlaw (https://stratlaw.co.za) oor: 1. Wie aansoek kan doen; 2. Waarvoor jy aansoek kan doen en; 3. Hoe jy aansoek kan doen Webwerf
20 Apr 2020 12 min

Episode 123: Meksikaanse Bier Gogga

Wat 'n mal tyd! Hierdie Meksikaanse Bier Gogga is besig om groot amok te maak. Ek dink die wêreld het laas met 9/11 so baie ontwrigting en onsekerheid ervaar. Maar, chaos skep geleenthede. Moet net nie perspektief verloor nie en meer belangrik: Leer, Reflekteer en Implementeer Webwerf
25 Mar 2020 14 min

Episode 122: Isak Marais

Ontmoet Isak Marais, ‘n entrepeneur met ‘n passie vir innovasie en bemagtiging. Marais het twee dekades gelede die groot sprong gewaag om sy eie besigheid op die been te bring. Dit het aanvanklik ‘klippe kou’ gekos, maar vandag sit hy aan die stuur van die toonaangewende Bramhope Groep. Bramhope spesialiseer…
27 Feb 2020 37 min

Klipkouers - ‘n Kersfees 2019 boodskap deur Jacques Basson

En daar is 2019 op sy rug! Dit is vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar besigheids- en persoonlike hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters – ek wens jou en jou geliefdes ‘n geseënde Kersfees en ‘n baie suksesvolle 2020 toe!…
24 Dec 2019 13 min
120 – 140