Maroela Media Die bankroof – ’n vervolgverhaal

Die bankroof – ’n vervolgverhaal

Die bankroof, geskryf deur Joe Kleinhans, speel af in Maraisburg, ʼn dorpie in die Suid-Kaap, waar ʼn ou bank oor ʼn naweek beroof word. Die roof herinner aan ʼn historiese tonnelroof en bring die gemeenskap in beroering, veral omdat miljoene én die inhoud van sluitkissies verdwyn.
Kaptein Van Rooy, reeds oorlaai met onopgeloste sake, moet die ondersoek hanteer terwyl die media en inwoners druk uitoefen. Sy eksvrou, die ondersoekende joernalis Rachel Wolvaardt, arriveer ook en bemoeilik sake verder.
Verskeie dorpenaars met eie agendas en geheime word betrek: Juliana Julies, ʼn ambisieuse sakevrou; Magriet Manders, wat antwoorde oor haar man se moord soek; Vincent Vogel, wat sy verlede probeer ontvlug; Nettie en Shirley, twee ondernemende vriendinne; en Philip Putter, ʼn ryk boer met ʼn tragiese geskiedenis.
Die verhaal ontvou oor 60 episodes en kombineer spanning, misterie en drama, terwyl ou geheime onthul en verhoudings getoets word.
Die bankroof is vervaardig deur Bettie Kemp. Die karakters word vertolk deur Anton Schmidt as Kaptein, Ria Smit as Magriet, Marina Coetzee as Rachel, Johny Klein as Vincent, Bettie Kemp as Juliana, Claudia Jones as Shirley, Nadia Beukes as Nettie en Leon van Nierop as Phillip.
Tegniese versorging is deur Marius Vermaak, en die vervolgverhaal is in Maroela Media se ateljee opgeneem.
Afrikaans South Africa Drama
45 Episodes
40 – 45

Die bankroof – Episode 41

Op die oggend van die onthullingseremonie kom Juliana en Nettie agter daar is groot fout: Magriet antwoord nie haar selfoon nie. Nettie kry ʼn aanbod wat haar verras.
Season 1 / Episode 41 11 min

Die bankroof – Episode 42

Rachel Wolvaardt is op die oorlogspad, en die kaptein moet dit ontgeld. Philip gaan stap ʼn draai en sien iets wat hom na sy selfoon laat gryp om dit op kamera vas te lê. Maar dis nie al wat Philip ontstel nie.
Season 1 / Episode 42 10 min

Die bankroof – Episode 43

Shirley deel, met die beste bedoelings, fluks raad uit. Maar soms bring raad nie goeie resultate nie. Iemand raak soek, en dit sorg vir groot bekommernis en konsternasie.
Season 1 / Episode 43 10 min

Die bankroof – Episode 44

Juliana is opnuut geskok, toe sy Vincent in die hospitaal besoek. Die dag breek aan waarop die nuwe voorsitter van die Sakekamer verkies moet word. Daar is nuus oor die koeël waarmee die burgemeester geskiet is.
Season 1 / Episode 44 10 min

Die bankroof – Episode 45

Die kaptein is ongelukkig omdat Rachel in Kaapstad vashaak en niks van haar laat hoor nie. Sy verras hom met ʼn paar brokkies interessante nuus. Hy kry ʼn skok wat hom soos vuishou in die maag tref.
Season 1 / Episode 45 10 min
40 – 45