Maroela Media Die Sonskynpad – ’n vervolgverhaal

Die Sonskynpad – ’n vervolgverhaal

Die Sonskynpad volg ʼn groep onwaarskynlike reisgenote wat in ʼn ou bussie deur Suid-Afrika reis om stories, hoop en menslike verbondenheid te bring. Met humor en deernis ondersoek die reeks temas soos familie, tweede kanse en wat dit werklik beteken om êrens te behoort – op die pad én in die lewe.
Afrikaans South Africa Comedy · Fiction
12 Episodes

Die Sonskynpad – Episode 1

Wanneer veteraanakteur Kobus de Koker by sy dogter se gradeplegtigheid opdaag, wag daar nie ʼn graad in drama nie, maar ʼn skok. Mila het universiteit gelos, werk by ʼn ouetehuis en het haar studiegeld in ʼn kobaltblou “vintage” bus belê. Terwyl Kobus sukkel om sy trots te sluk, staan Mila…
Season 1 / Episode 1 12 min

Die Sonskynpad – Episode 2

Mila en Kobus ontmoet vir ʼn “milkshake”, maar dié gesprek verander alles. Uit ʼn kobaltblou bus word ʼn waaghalsige plan gebore: ʼn teater op wiele wat ouetehuise besoek en na klein dorpies toer. Daar’s net één probleem: Hulle kort ʼn jong “naam” om kaartjies te verkoop … en Mila skuld…
Season 1 / Episode 2 11 min

Die Sonskynpad – Episode 3

Wanneer Mila en Kobus vir Hunter by ʼn winkelsentrum se publisiteitsgeleentheid gaan nader, bots generasies, ego’s en CV’s voor ʼn gehoor van histeriese tieners. Wat begin as ʼn eenvoudige “pitch”, ontaard in ʼn teatergeveg tussen ʼn “has-been” en ʼn “six-pack”. Maar Mila hou ʼn troefkaart en dwing Hunter om tussen…
Season 1 / Episode 3 11 min

Die Sonskynpad – Episode 4

Terwyl Kobus tussen vergete toekennings en stowwerige tekste in sy agterplaas rondkrap, stoot Mila die toer vorentoe met venues wat reeds bespreek en plakkate wat klaar versprei is. Hunter en Kobus bots oor Shakespeare, sepies en wat “regte” teater beteken, terwyl die tyd genadeloos verby tik. Met geen teks, geen…
Season 1 / Episode 4 11 min

Die Sonskynpad – Episode 5

Terwyl Mila vir Saartjie verf en die toer amptelik afskop, gaan Kobus per ongeluk “live” op die internet en ontdek wat “savage” en “LOL” beteken. Hunter se macho beeld kry ook ʼn knou toe aanhangers hom eerder “cute” en “golden retriever boyfriend” noem. Met ʼn “livestream”-krisis en ego’s wat bots,…
Season 1 / Episode 5 11 min

Die Sonskynpad – Episode 6

By ʼn jolige kerkbasaar probeer Tant Ella kaartjies verkoop, terwyl jong liefde en tombola-chaos handuit ruk. Agter die gordyne raak senuwees dun: Hunter twyfel, Mila red situasies en Kobus kies vir groot Commedia-drama. Wanneer die gordyne oopgaan, skeur meer as net spanning, en ʼn Franse “imbécile” laat die gehoor behoorlik…
Season 1 / Episode 6 10 min

Die Sonskynpad – Episode 7

Ná ʼn rampvertoning en ʼn geskeurde broek jaag Mila en Kobus weg van ʼn woedende Karen Chantillay. Tant Ella stik nie net Kobus se nate stewiger nie, sy gee ook nuwe moed aan die hele toer. Met Hunter in die moeilikheid en Stilbaai as eindbestemming word ʼn gewaagde besluit geneem:…
Season 1 / Episode 7 11 min

Die Sonskynpad – Episode 8

Hunter kla oor teater sonder “catering”, Tupperware en applous, totdat Karen Chantillay en Amoré Burger hom in die kombuis laat skottelgoed was. Tussen pannekoekbolletjies en beskuldigings oor die “Full Monty”-ramp begin sy selfbeeld kraak. Wanneer hy onverwags vir Mila verdedig, verklap hy dalk meer as wat hy bedoel het. Maar…
Season 1 / Episode 8 12 min

Die Sonskynpad – Episode 9

In die spookhuis beraam die span hul volgende skuif, terwyl Tant Ella twee tieners met tonge skerper as ʼn skêr in toom hou. Sy onthul ʼn verlede as ontwerper en herinner Mila daaraan om terug te keer na Back to Basics. Maar wanneer Karen weer toeslaan en Mila ʼn “muisgesiggie”…
Season 1 / Episode 9 10 min

Die Sonskynpad – Episode 10

Tant Ella besluit sy’s klaar met bingo en brei, en Kobus moet haar uit die ouetehuis help ontsnap. Met ʼn tas vol “stories” en ʼn plan propvol drama word Kobus skielik haar langverlore seun ... Koblet. Tussen tee, Swartwoudkoek en sekuriteit wat rondloop, improviseer hy vir sy lewe.
Season 1 / Episode 10 12 min

Die Sonskynpad – Episode 11

Met Tant Ella nou amptelik deel van die span, moet die bussie se chaos in orde kom. Gordyne, grondgebied en grense ingesluit. Hunter beskerm sy koffers soos ʼn heilige reliek totdat Ella se “natuurlike” doepa hom platslaan. Tussen sweet, wysheid en ʼn langpadnag begin maskers stadig val. Selfs ouers leef…
Season 1 / Episode 11 12 min

Die Sonskynpad – Episode 12

ʼn Nuwe oggend op die pad bring hoofpyne, koffiekrisisse en planne wat vinniger verander as wat iemand “mampoer” kan sê. Terwyl reëls opgestel en rolle verskuif word, begin die span soos iets meer as net vier mense in ʼn bus voel. Maar wanneer dinge onverwags skeefloop, word vertroue hul enigste…
Season 1 / Episode 12 12 min