

17 Episodes

'n Klein Lewe
Etienne Bloemhof praat met Wilna Adriaanse oor haar fassinerende verhaal van ’n middel-jarige vrou wie se politieke bewussyn gevorm word deur ingrypende sosio-politiese veranderinge in die land. Kwessies rondom identiteit en die plek van mense binne die samelewing word bespreek.

Hartland
Dramaturg Deon Opperman het almal aan die praat gehad met sy kykNET-reeks Hartland oor die politiek van transformasie en verset. Kerneels Breytenbach, wat die reeks herskryf het in romanvorm, praat met Opperman oor die verwagtinge wat die nuwe genre stel.

Die vrou in die vuur
Riana Scheepers is tuis in verskeie genres, maar die kortverhaal bly haar forté. Die vrou in die vuur toon haar liefde, artistieke beheer en intuïtiewe aanvoeling vir dié genre. Verhale in die versamelbundel markeer haar ontwikkeling as skrywer. Scheepers, nog altyd in sommige opsigte ʼn omstrede skrywer, ís die vrou…

Gilbert Gibson
Sewe is die getal van heiligheid, van voltooiing en vervulling, ’n volmaakte sirkel. Gilbert Gibson se vierde digbundel is ’n konfrontasie met die simboliese lading van die getal, ’n woordestryd teen die wete dat voltooiing die einde beteken, dat volmaaktheid noodwendig ook die dood impliseer. Francois Smith gesels met Gibson.

Aan die stuur met Brand Pretorius
Arnold Smit gesels met bekende sakeleier Brand Pretorius oor sy boek en oor die lesse wat hy as leier en uitvoerende hoof van onder meer Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep geleer het.

Die tendens van die kookboek
Errieda du Toit gesels met kosskrywers Callie Maritz en Mari-Louis Guy (Markdag), Aletta Lintvelt (Weg! Naweekkos), Marlene van der Westhuizen (Oorvloed) en Emilia le Roux (Kos as dit knyp) oor die nuutste tendense in kookboeke en die kosbedryf.

Armblankes
Bun Booyens, redakteur van Die Burger, gesels met Edward-John Bottomley, skrywer van Armblankes, en met die bekende reisskrywer Dana Snyman, oor armblanke-gemeenskappe in Suid-Afrika en die reaksie wat hulle uitlok.

Die Afrikaanse Kortverhaalboek (Let Wel: Gedeeltelike opname as gevolg van ‘n kragonderbreking)
Die sewende hersiene uitgawe van Abraham H. de Vries se bloemlesing is die kortverhaal-barometer in Afrikaans. Die nuwe uitgawe sluit 133 verhale van 81 skrywers in oor ’n tydperk van byna 120 jaar. Willemien Brümmer vra Braam uit oor die jongste uitgawe. Gaan kyk gerus ook na die teaterstuk Smelt…

Samba-reise met Jeanne Els
Met Samba – reise met ritme en reënboë neem Jeanne Els lesers op ʼn woordkunsdans deur verre lande. Danser Stephan Joubert sorg dat almal hul tango’s van hul sambas kan onderskei. Kom vang ritme saam met Lux Verbi!

Marzanne Leroux-Van der Boon
Die bekende skrywer van die Israel-reeks gesels met Lééf met hart en siel se redakteur Christine Ferreira oor haar jongste boek Lewensblik – Sketse oor die lewe. Luister hoe dié gewilde Lux Verbi-skrywer te werk gaan om ʼn oomblik én ʼn leeftyd tegelyk in een skets raak te vang.

Getuie
Douwleen Bredenhann gesels met Christine Barkhuizen-le Roux oor haar roman Getuie, ʼn aangrypende verhaal oor aktuele kwessies soos die rol van ’n rigiede godsdienstige opvoeding in drie vrouens se lewens, die dood van ’n eggenoot en selfmoord.

C’est la vie
Jeanne Els gesels met Lanie van Reenen, bekende in dekorkringe, oor haar nuwe boek C’est la vie. Kom hoor hoe genot en verlies deel was van haar besluit om ’n kasteel in Frankryk te koop en daarvan ’n toeristebestemming te maak.

Melanie Grobler
Melanie Grobler verstaan die kuns om die leser los te maak van die aarde en die aardse. In Deur ruite van die reis word die reistema, geografies sowel as deur streke van die gees, verken. Zandra Bezuidenhout praat met Melanie oor die soeke na die ewig ontwykende betekenis van die…

As die Bokke nie wil cuddle nie
Radio-omroeper Johann Myburgh gesels met Marnus Hattingh, skrywer van As die Bokke nie wil cuddle nie: ’n Verstaan-mans-beter-gids. Joernaliste Sophia van Taak en Riette Rust kom gee die vroulike perspektief op dating, Meneer Reg en hoekom hy belangstelling verloor.

Deborah Steinmair
Deborah Steinmair vertel vir Marion Holm van haar verbeeldingryke speurroman Die neus wat ook as swart komedie beskou kan word. Dié verhaal met sy fantasmagoriese oomblikke beweeg teen ’n vaart wat lesers sal meesleur en vermaak.

Mediterreense herinneringe
Dié bundel van André P. Brink sluit aan by die 2012-keur uit sy reissketse Herinneringe aan Parys. Dit bevat die beste stories uit sy reistekste oor Italië, Spanje en die suide van Frankryk: Sempre diritto, Olé en Midi. Naas Steenkamp gesels met ons eie wêreldbekende skrywer.

Briewe van Hennie Aucamp
Briewe van Hennie Aucamp – met aantekeninge deur die skrywer bevat persoonlike briewe wat tussen 1958 en 2012 geskryf is. Dit sluit fassinerende briewe in aan ʼn twintigtal van die bekendste skrywers in Afrikaans, met uitgebreide notas wat die kulturele omgewing dokumenteer. Daniel Hugo lei die gesprek met Hennie.