OFM OFM Nights

OFM Nights

OFM Nights with Ashmund Martin, Mondays to Fridays, 19:00 - 23:00.
Daily English South Africa Leisure · Music
341 Episodes
20 – 40

In gesprek met Jozua Malherbe oor Devil's Peak wat Sondag op M-NET begin.

M-Net is trots om vir ons kykers 'n eersteklas globale produksie met diep plaaslike wortels te bring. Dit is 'n verhaal wat net in Suid-Afrika kon afspeel, waar die donker onderwêreld van misdaad – byna daagliks – die borrel deurboor waarin diegene wat kan, sekuriteit en vertroosting soek.
25 Oct 2023 1PM 9 min

TV aanbieder Henck Conrey kom klets met my oor Fiks of niks!

Fiks Of Niks is ’n splinternuwe leefstyl- en realiteitsprogram op kykNET (DStv-kanaal 144), waar aan ses deelnemers van Sondag 8 Oktober om 17:30 kyk of hulle ’n totale verandering aan hulle lewe kan maak. Ek gesels met Henck Conrey oor dit.
27 Sep 2023 1PM 5 min

In Frans,Ja! Met Vanes-Mari du Toit en Hamilton Wessels

In Frans, ja! n Reisprogram waar Vanes-Mari du Toit en Hamilton Wessels die Bokke al die pad volg na die Wêreldbeker toe. Vanes-Mari en Hamilton gaan vanjaar die Bokke vanaf Marseille na Bordeaux in Frankryk volg. Dit is alles te sien op kykNET.
13 Sep 2023 10AM 9 min

Op Die Kassie met Donnalee Roberts

Met Blindelings n nuwe film wat by die Silwerskermfees vertoon wys Ivan en Donnalee hul slag in ’n nuwe genre: ’n senutergende sielkundige riller en ek het met Donnalee oor dit gesels.
23 Aug 2023 1PM 8 min

Op Die Kassie met Louzanne Coetzee

Louzanne Coetzee is ’n blinde paralimpiese atletiekster van Bloemfontein. In hierdie dokumentêr verken die ingewikkelde, simbiotiese verhoudings wat tussen haar en drie van haar atletiekgidse ontstaan het teen die agtergrond van gemengde suksesse by twee Paralimpiese Spele.
16 Aug 2023 1PM 4 min

Op Die Kassie met aktrise Jolene Martin

Ek gesels met Jolene Martin oor haar hoof rol in kykNET se Arendsvlei wat jy Maandag tot Donderdag kan sien om 19:30. Die storie gaan oor ’n semiprivaat hoërskool op die Kaapse Vlakte wat bestuur word deur die Cupido-familie. Ons volg ’n broer en suster, beide onderwysers, wat vasberade is…
26 Jul 2023 1PM 11 min

Op Die Kassie met Early B

Ons hoor hom rap oor potte, maar dié keer is die welbekende kletsrymer Early B regtig voor die potte en besig met verskeie disse, familie en natuurlik humor en ek gesels met hom oor sy kook program My ma kook beter as joune.
19 Jul 2023 1PM 4 min

Op Die Kassie met Johnny Davids TV persoonlikheid

Ek kuier saam met Johnny Davids wat jou saam op ’n reis neem na Suid-Afrika se voorste gholflandgoedere op Ysters Op Die Landgoed. Dit kan jy elke Saterdag op kykNET sien van 16:30 af.
12 Jul 2023 1PM 6 min
20 – 40