OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,811 Episodes
3340 – 3360

What is new in Farmer’s Weekly?

In our Friday insert, only on the Agri Hour, OFM News’ Christal-Lize Muller speaks to the editor of Farmer’s Weekly, Denine Erasmus, about the latest news in the agricultural industry covered by the magazine on its website…
7 May 2020 11PM 7 min

Suid-Afrikaanse varsproduktemarkte pas dieselfde Covid-19-protokol steng toe

Die Landbouproduk-agenteraad, APAC, wat agente in die landboubedryf ten opsigte van vars produkte op markte, lewende hawe op veilings, en die uitvoer van vars produkte reguleer, het 'n waardevolle rol gespeel in die ontwikkeling van Covid-19-protokol by vars produktemarkte oor die land heen. Francois Knowles, registrateur van APAC, sê dié…
7 May 2020 11PM 5 min

#Covid19: Afname in steun vir Ramaphosa wink met volgehoue grendelstaat

Daar is nie ‘n wen-wen oplossing rondom die Covid-19-pandemie en meer spesifiek die hantering daarvan deur besluitnemers in Suid-Afrika nie. Dr. Piet Croucamp, 'n politieke ontleder, meen met die voortduur van die grendelstaat kan daar meer druk op politici kom en steun vir hulle kan afneem. Hy sê dit is…
7 May 2020 11PM 6 min

Safex Verslag - 7 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)

Mielies: · In Brasilië is die verwagting dat die mielie opbrengste vir die seisoen laer behoort te wees weens droë toestande wat in van die produksiegebiede heers. · Die Amerikaanse mieliemark het gemeng verhandel met die naby maand kontrakte wat ondersteuning gevind het terwyl die verder maand kontrakte onder druk…
6 May 2020 11PM 2 min

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

Hy bespreek moontlike ekonomiese tendese wat kan volg na die grendeltydperk en meen namate die Covid-19-regulasies in werking tree om grendeltydperk te optimaliseer, is daar uiteenlopende reaksies. Daar is mense wat in opstand is oor hoe noodleniging toegepas word en die poging van regerings om mikrobestuur toe te pas. Enersyds…
6 May 2020 11PM 5 min

Prys van lewende hawe op veilings styg

Die prys van lewende hawe wat vandeesweek op veilings behaal is, het vir die eerste keer in enkele weke 'n styging getoon. Dit is goeie nuus vir die bedryf. Só meen Chris Derksen, wat weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is, verskaf. Hy versprei…
6 May 2020 11PM 1 min

NWK fokus ná 111 jaar steeds op sy kernbesigheid en kliëntediens

NWK, wat vandeesweek sy 111ste bestaansjaar vier se sukses lê in die gehalte kliëntediens wat hy in sy kernbesigheid van graan, handel, meganisasie en insetverskaffing, lewer. Dié landboubesigheid wat amptelik op 4 Mei 1909 gestig is en destyds as die Lichtenburg Koöperatief Landboumaaskappy bekendgestaan het, se fokus die afgelope jaar…
6 May 2020 11PM 7 min

Safex Verslag - 6 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)

Mielies: · Die Amerikaanse mieliemark is vasgevang tussen die internasionale energiepryse en die verwagte rekord aanplantings. Die internasionale energiepryse het ondersteuning gevind en het die Amerikaanse mieliemark ondersteun, maar die goeie aanplantingstempo het druk op die mark geplaas en die mark het meestal sywaarts verhandel. · Alhoewel die Amerikaanse mielie…
5 May 2020 11PM 2 min

NWK na langer as 'n dekade die 'outboet' van plaaslike landboukoöperasies

Die Covid-19-pandemie plaas wel ietwat van 'n demper op NWK se 111ste viering van sy bestaansjaar, maar dié staatmaker landboubesigheid bly steeds trots op sy diep wortels in die bedryf. Johan Bezuidenhout, NWK se groepbestuurder, sê dié landboukoöperasie is die oudste in die land. Dit het alles op 'n vergadering…
5 May 2020 11PM 6 min

Droogte steeds 'n stewige greep op Noord-Kaapse boere

Boere in 'n groot gedeelte van die droogtegeteisterde Noord-Kaap maak steeds staat op finansiering om veevoer te bekom vir hul kuddes, omdat daar geen natuurlike weiding beskikbaar is nie. Dit is die situasie nadat die droogte steeds nie sy stewige greep verslap het in die grootste deel van die provinsie…
5 May 2020 11PM 4 min

Saai skud kop vir sentralisering van kospakkies aan armes

Die landbou-organisasie, Saai, wat hom toespits op familieboerderye raai boere aan om nie surplus kos deur regeringskanale aan behoeftiges, tydens die nasionale grendelstaat weens die Covid-19-pandemie, te versprei nie. Dr. Theo de jager, voorsitter van die direksie van Saai, sê dié organisasie het sy kop geskud vir die regering se…
5 May 2020 11PM 6 min

Safex Verslag 5 Mei 2020 (Verskaf deur GraanSA)

Mielies: · Volgens die nuutste Amerikaanse Departement van landbou (USDA) se weeklikse produksievorderingsverslag is 51% van die Amerikaanse mielies vir seisoen reeds geplant. Dit is aansienlik meer as die 5 jaar gemiddelde tempo van 39% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen. · Privaat uitvoerders het gister ongeveer 116 000…
4 May 2020 11PM 3 min

Covid-19: Pilots join hands to deliver food in poor communities

A group of pilots from across South Africa have joined hands to provide relief to communities in remote areas. Felix Gosher, a commercial pilot from Gauteng spearheaded The Covid Flight initiative in April this year. He says it was started by the group of pilots out of necessity, because they…
4 May 2020 11PM 4 min

Nasionale Tessourie moet die Landbank nou red

Kommer in georganiseerde landboukringinge oor die land se ekonomiese verval en onstabiliteit neem toe. Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê in die stadium bloei die land se ekonomie nadat Suid-Afrika tot rommelstatus afgegradeer is. Daarmee saam is die Landbank ook in 'n geldelike verknorsin nadat die internasionale…
4 May 2020 11PM 4 min

Safex Verslag - 4 Mei 2020 (Verskaf deur GraanSA)

Mielies: · Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag met die weerstoestande wat gunstig was vir die aanplantings om plaas te vind. · In Amerika het die verbruik van mielies in die etanolmark met ongeveer 1 miljoen ton per week gedaal wat…
3 May 2020 11PM 2 min

Verbruiksjag lewer R8 biljoen bydrae tot Suid-Afrikaanse ekonomie jaarliks

Die jagbedryf beklemtoon opnuut die belangrike bydrae, wat plaaslike verbruiksjag, tot Suid-Afrika se ekonomie lewer. Dit kom nadat die Jagters- en Wildbewaringsvereniging, die regering se aankondiging dat daar tydens vlak-4 van die nasionale Covid-inperking met die jag van wild voortgegaan kan word, verwelkom het. Fred Camphor, uitvoerende hoof, sê dié…
3 May 2020 11PM 4 min

#AgriSA 'n Duidelike begrip oor die landbouwaardeketting is nodig in SA

Betrokkenes in die landboubedryf se harde werk agter die skerms om die landbouwaardeketting ongesteurd te laat, het vrugte afgewerp. Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri SA, sê daar is uit verskeie landbougeledere voorstelle aan die regering gemaak ten opsigte van sekere regulasies van die staat van inperking weens die…
3 May 2020 11PM 4 min

Wolbedryf slaag sug van verligting, oor dié vesel wat in grendeltydperk noodsaaklik is

Die wolbedryf slaak 'n sug van verligting, nadat dit ingevolge die Covid-19-regulasies nou as 'n noodsaaklik produk geklassifiseer word. Leon de Beer, hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging, NWKV, sê die waardeketting vir wol het nou weer die geleentheid om op dreef te kom. Dié aangepaste regulasies is verlede week deur…
3 May 2020 11PM 4 min

What's new in Farmer's Weekly?

AND In our Friday insert, only on OFM News' Agri Hour, Christal-Lize Muller speaks to the editor of Farmer’s Weekly, Denine Erasmus, about the latest news in the agricultural industry covered by the magazine on its website…
30 Apr 2020 11PM 5 min
3340 – 3360