Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,071 Episodes
480 – 500

Sien ons ’n kapitaalvlug uit SA?

Professor Jannie Rossouw, professor aan Wits se sakeskool, deel sy insigte oor die onttrekking van groot maatskappye uit Suid-Afrika.
14 Aug 12PM 9 min

Mozal oorweeg dit om 'n smelter te sluit

Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft Investment Partners, bespreek die markte se reaksie op genl. Rudzani Maphwanya se kommentaar oor Suid-Afrika se buitelandse beleids­standpunt rakende Iran en die VSA, asook Mozal Aluminium wat ’n smelter wil sluit.
14 Aug 12PM 6 min

Innovasie in landboufinansiering

Charl Greyvensteyn, direkteur van streekkantore en landbou by Merchant West, gesels oor innovasie in landboufinansiering.
13 Aug 12PM 6 min

Kganyago sê wéér hy kán 3% teiken

Daar is tans ’n geskil tussen die Reserwebank en die nasionale tesourie oor ’n nuwe, laer inflasieteiken. Lullu Krugel, hoofekonoom by PwC, deel haar mening.
13 Aug 12PM 8 min

Die regering se infrastruktuurplanne is op koers

Dean Macpherson, minister van openbare werke en infrastruktuur, gesels oor die regering se infrastruktuurplanne, die konstruksiebedryf, die sogenaamde konstruksiemafia, en vroue in konstruksie.
13 Aug 12PM 10 min

Nedbank koop IKhokha vir R1,6 miljard

Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, bespreek vandag se sterk vertoning op die beurs en Nedbank se oorname van ’n fintech-maatskappy.
13 Aug 12PM 6 min

Enige finansiële reis begin by ’n beleggingsplan

Jac de Wet, welvaartbestuurder by PSG Wealth Somerset-Wes, verduidelik hoe om seker te maak dat jou finansiële- en beleggingsplan al die belangrikste elemente bevat en jou behoeftes voldoende aanspreek.
12 Aug 11AM 9 min

Markte spring op VSA-inflasienuus

Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft, bespreek die mark se reaksie op Amerika se inflasienuus, Sasol se aandeelprys wat styg, en Suid-Afrika se werkloosheidssyfers.
12 Aug 11AM 5 min

Die 40ste kersie op City Lodge se koek

Erich Oberhauser, algemene bestuurder van Courtyard Hotel Gqeberha by City Lodge Hotels, gesels oor die groep se agtergrond, 40-jaar-mylpaal en toekoms.
11 Aug 12PM 6 min

Rainbow Chicken begin vlieg

Dr Steve Minnaar, portefeuljebestuurder by Abax Investments, bespreek die impak van Amerika se nuwe tariewe, Italtile se finansiële resultate, en Rainbow Chicken wat sê hul winste gaan dramaties styg.
11 Aug 12PM 10 min

Kontant in ’n Dior-sak: Binne die IDT-hoof se skokkende omkoopaanbod

Pieter-Louis Myburgh, ondersoekende joernalis by Daily Maverick, gesels oor hoe hy op hierdie storie afgekom het en hoe lank hy dit al ondersoek. Hy gee ook ’n breë opsomming van die verband tussen Tebogo Malaka en Collen Mashawana, geldwassery met eiendom, asook die video waarin Malaka hom probeer omkoop.
11 Aug 12PM 14 min
480 – 500