Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,071 Episodes
500 – 520

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Corné Welman, welvaartbestuurder by Portfolium, en Nerina Visser, ETF-strateeg en adviseur by etfSA, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
8 Aug 1PM 8 min

Hof verwerp HSAG se aansoek teen HS-reëlingskema

Johan Stander, uitvoerende bestuurslid van die Highveld Sindikasie Aksiegroep (HSAG), gesels oor hul reaksie op die onlangse hofuitspraak en wat dit vir die betrokke beleggers beteken.
8 Aug 11AM 14 min

Net ’n derde van vroue in SA is getroud

Navorsing toon dat vroue wat nie getroud is nie, in ’n swakker finansiële posisie is. In die gees van Vrouemaand deel Jeanette Marais, uitvoerende hoof van Momentum, haar insigte oor hierdie tendens.
8 Aug 11AM 14 min

Markte nie deur tariewe gedemp

Nerina Visser, ETF-strateeg en adviseur by etfSA, gesels oor die sterk markte regoor die wêreld en oor goudaandele.
8 Aug 11AM 6 min

Nóg 'n nuwe hoogtepunt

Amelia Moorgenrood, aandelemakelaar by PSG Wealth Faerie Glen, gesels oor kommoditeitsaandele, Sappi se verlies, en Pick n Pay se nuwe aanstelling.
7 Aug 11AM 14 min

Buitelandse valuta is opwindend!

Gert Visser, valutaspesialis by Rand Merchant Bank (RMB), gesels oor sy agtergrond, loopbaan, industrie, en wat hy doen om te ontspan.
7 Aug 11AM 11 min

Die JSE beur weér deur 100 000

Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor die JSE se indeks van alle aandele wat weer tot meer as 100 000 punte gestyg het, die Reserwebank se inflasieteiken, en Sibanye-Stillwater se voorstel wat aan die VSA toegang bied tot Afrika se kritieke minerale.
6 Aug 11AM 8 min

Die JSE BPK wys sy staal ondanks denoterings

Die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) is een van die grootste aandelebeurse ter wêreld en is self ’n genoteerde maatskappy op sy eie beurs. Hulle het vandag hul tussentydse resultate bekend gemaak. Die uitvoerende hoof, Dr Leila Fourie, bespreek die resultate.
5 Aug 12PM 10 min
500 – 520