Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,453 Episodes
5100 – 5120

Markoorsig

Chantel Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investment gesels oor Sasol wat weer geld wil leen en oor Tongaat Hulett wat nie sy produsente kan betaal nie.
1 Nov 2022 12PM 7 min

Hoe gewild is Apple en Google Pay?

Jan Vermeulen, joernalis by MyBroadband gesels oor hoveel mense Apple en Google Pay in SA gebruik, hoe dit werk, asook oor hoe veilig hierdie transaksies is.
31 Oct 2022 12PM 5 min

Balwin ontwikkel dat dit bars

Steve Brookes, uitvoerende hoof van Balwin Properties gesels oor die groep se vlagskip-ontwikkelings, of hulle deur die konstruksiemafia geraak word, asook oor hoeveel projekte hulle op die oomblik het.
31 Oct 2022 12PM 8 min

Markoorsig

Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital gesels oor wat tydense Oktober in die markte gebeur het en oor brandstofpryse wat op gaan.
31 Oct 2022 12PM 7 min

Kenners antwoord vrae wat jou sak raak

Mia Kruger, navorsing en fondsbestuur direkteur by Kruger Internasionaal en Jean Pierre Verster, uitvoerende hoof van Protea Capital Management beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
28 Oct 2022 12PM 19 min

Minder mense is tevrede met waar hulle werk

Henneri Crous, kommersiële hoof by Simplify.hr gesels oor omstandighede wat mense ongelukkig maak by die werk, asook wat vir hom uitstaan van hul navorsingsresultate.
28 Oct 2022 12PM 6 min

Markoorsig

Mia Kruger, navorsing en fondsbestuur direkteur by Kruger Internasionaal gesels oor die JSE wat weer internasionale markte volg vandag en die rand wat so bietjie terug veg teen die dollar.
28 Oct 2022 12PM 8 min

Altesame 128 effektetrusts besit Afrimat-aandele

Andries van Heerden, uitvoerende hoof van Afrimat gesels oor die groep se strategie, of die probleme by Trasnet hulle raak, asook hoe belangrik antrasiet in die groep se portefeulje is.
27 Oct 2022 12PM 7 min
5100 – 5120