Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,071 Episodes
520 – 540

Telkom val met 10%

Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investments, bespreek Telkom, Shoprite en Pick n Pay se handelsverklarings.
5 Aug 12PM 5 min

SA staal hom vir die impak van die Trump-tariewe

Kaamil Alli – ministeriële woordvoerder, departement van handel, nywerheid en mededinging & Siegfried Lokotsch – besturende direkteur, Jendamark Automation & Francois Baird – stigter, FairPlay.
4 Aug 1PM 27 min

Kommoditeite stoom voort

Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, verduidelik hoekom die kommoditeitsindeks vandag so skerp opgeskiet het, wat die rand se beweging aandryf, en bespreek FirstRand se hofsaak.
4 Aug 1PM 7 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Andries Nel, direkteur van welvaartbestuur en adviesdienste by Kruger Internasionaal, en Corné Welman, welvaartbestuurder by Portfolium, beantwoord luisteraars se vrae oor sake wat hul sakke raak.
1 Aug 11AM 17 min

Tariewe se sperdatum word weer uitgestel

Neil Diamond, president van die Suid-Afrikaanse Sakekamer in die VSA (SACCUSA), sê hulle is baie bekommerd en dat Suid-Afrika iets nuuts op die tafel sal moet sit.
1 Aug 11AM 7 min

Rand duik en die markte bloei

Andries Nel, direkteur vir welvaartbestuur en adviesdienste by Kruger Internasionaal, verduidelik wat die rand laer dryf vandag, hoee hy die wêreldmarkte lees, een die FlySafair-staking wat tot 'n eiende kom.
1 Aug 11AM 7 min

Trump-tariewe kan Oos-Londen harder slaan as ander stede

Lizelle Maurice, uitvoerende direkteur van die Border Kei Sakekamer, bespreek Oos-Londen se ekonomie, die moontlike impak van die VSA se tariewe op Mercedes-Benz se aanleg in die stad, en hul verwagtinge vir die toekoms.
31 Jul 11AM 7 min
520 – 540