US Woordfees Diskoers 2015

Diskoers 2015

Kenners en kundiges takel weer 'n reeks netelige kopstukke oor Suid Afrika, taal, geloof, sosio-ekonomiese kwessies, geskiedenis en nog meer. iono.fm het weereens opnames gemaak vanuit die Boektent, Erfurthuis en vanjaar ook Die Khaya, en sal dit stelselmatig oor die volgende paar dae beskikbaar maak.
Afrikaans South Africa News · Technology
28 Episodes
20 – 28

Anderste helde: Jan Smuts

Hermann Giliomee in gesprek met Christof Heyns Jan Smuts se grootsheid word nie genoeg erken nie. In Christ College, Cambridge, hang sy portret aan die muur saam met dié van ander superhelde soos Milton en Darwin. Een van die maniere waarop Smuts konflik in Suid-Afrika wou besleg is deur menseregte…
10 Mar 2015 9AM 45 min

Is God onsydig? Oor God en gender

Gespreksleier: Johan van der Merwe Met Louise du Toit, Laurie Gaum, Julie Claassens God is Vader, bely gelowiges. Die Bybel het in ’n patriargale samelewing tot stand gekom. In watter mate bepaal uitgediende, godsdienstig verskanste idees oor gender en verhoudings- rolle nog hoe ons samelewing vandag gedefinieer word? Is daar…
10 Mar 2015 8AM 53 min

Christiaan Olwagen en Hennie van Greunen

Son. Maan. Sterre. is Christiaan se debuutwerk by vanjaar se fees. Hy is ook by twee ander produksies betrokke - Dogma en Die Seemeeu. Hennie is ’n ou bekende en vanjaar is dit die aangrypende Rondomskrik en Vir ewig en altyd, waarmee hy gehore diep raak.
10 Mar 2015 7AM 54 min

Genadedood: moet ons dit wettig?

Ondersteun deur Edwin Hertzog en Mediclinic, Gesprekleier: Anton van Niekerk, Met Willem Landman, Etienne de Villiers Genadedood of geassisteerde dood is onwettig in Suid-Afrika, maar daar word toenemend, en uit verskeie oorde, aangevoer dat wetgewing sulke praktyke in Suid-Afrika moet begin moontlik maak
10 Mar 2015 5AM 47 min

Anderste helde: Andries Stöckenstrom

Hermann Giliomee in gesprek met Albert Grundlingh Andries Stöckenstrom het die uittog wat as die Groot Trek bekend geword het, verdoem. Hy het die opvatting verwerp dat die burgers nie die reg het om hulself te verdedig nie. Vir hom was die werklike opsie “om te verdedig wat ons het…
9 Mar 2015 9AM 52 min

PG du Plessis

PG du Plessis ’n Ou bekende by die Woordfees, gesels PG oor Siener in die Suburbs, die toneelstuk wat hom in die 70’s as een van ons voorste dramaturge gevestig het, en nou weer opgevoer gaan word, hierdie slag op die Kaapse vlakte.
9 Mar 2015 7AM 45 min

FREDERIK VAN ZYL SLABBERT DISKOERSREEKS:

Jong mense se politieke apatie: so what? Suid-Afrika se jeug was baie betrokke by die ophef van apartheid en die daarstel van ’n ge- lyke, vrye samelewing. Tog is hulle vandag, skaars 20 jaar later, afwesig by stemlokale en is hul stemme stil wanneer daar debat gevoer word. Is dit…
9 Mar 2015 6AM 47 min

Persvryheid

George Claassen bespreek persvryheid: mag koerante enigiets publiseer?
9 Mar 2015 4AM 48 min
20 – 28